NewsNews

Waardasies, oudhede en lekker saamkuier om die museumtafel

orweldigende reaksie van die publiek is Vrydag 29 April gekry met die besoek van die firma Stephan Welz & Co aan die Parys-museum.

Oorweldigende reaksie van die publiek is Vrydag 29 April gekry met die besoek van die firma Stephan Welz & Co aan die Parys-museum.
Dit was die firma se eerste besoek hier en bes moontlik ook nie die laaste om ’n  sogenaamde “sweep” of “Antique Roadshow” te doen met gratis waardasies van enige oudhede.
Mense kon die dag enige items van waarde of oudhede bring vir die waardasies en bo en behalwe die pryswaarde wat aan die items gegee is, het waardeerder Johan Cronje ook die eienaars op die spoor gesit van mense wat moontlik in die items sou belangstel asook inligting oor elke item se moontlike oorsprong en jaartal waaruit dit dateer.
Van horlosies, tot ornamente, knipmesse en munte om maar net ’n  paar te noem is gewaardeer, terwyl talle mense die oggend by die museum vertoef het om te luister na die interessante gesprekke met die waardering van die items, of sommer om net ’n  draai deur die museum te loop.
’n  Pluimpie vir Iris Andrew vir hierdie inisiatief. Die museum is tans net oop of afspraak en besoekers is welkom om Iris te skakel by (056) 817 1435 of 083 650 8712 om reëlings te tref.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button