NewsNews

Uit my dagboek: Nuwe pa: Paasfees verleng

Paasfees het gekom en gegaan, behalwe as jou naam Aiden Wetdewich is.

Paasfees het gekom en gegaan, behalwe as jou naam Aiden Wetdewich is.
In daardie geval het jy so baie sjokolade ontvang dat jy vir twee weke daarna steeds paaseiers eet. Of sal ons sê probeer eet. Groot was my verrassing toe ek een middag by die huis kom en ek vir Aiden vind met, wat op die oog af soos modder lyk, om sy mond. As dit nie vir my vrou se gegiggel was nie, sou ek dalk gedink het dit is modder. Maar nee, dit was ’n sjokolade paaseier wat hy geniet het. Hy het sjokolade van sy toontjie tot sy kroontjie gehad.
Dit is nou die nuwe fase, die morsige eet fase. Hy kan niks eet sonder om dit by sy neus op, in sy hare, of oral op sy gesig te smeer nie.
Enige lekkergoed wat jy vir hom gee om te eet, neem hy twee of drie happies van en dan is dit mors, mors, mors.
Al manier hoe daar nie kos oral op sy gesig opeindig nie, is as sy ma hom voer. Selfs al voer ek hom, is daar gewoonlik meer kos op sy gesig. Ek het bloot nog nie die fyn kuns van baba voer ontwikkel nie. Hoewel dit ’n morsige spul is, is eettyd vir Aiden ’n speletjie. Net soos alles wat hy doen. Toe ek meer daaroor begin dink, besef ek dit is nog iets wat ons by kinders kan leer. As volwassenes is ons geneig om die lewe heeltemal te ernstig op te neem. Ons het die vermoë verloor om te speel, om die ligter kant van die lewe raak te sien. Aiden moet op ’n sekere tyd eet en gaan bad, dit is dinge waaroor hy nie ’n keuse het nie. Maar hy maak die beste van die dinge wat gedoen moet word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button