NewsNews

250kg renosterhoring gevind in Vanderbijlpark

‘n Groot deurbraak is onlangs deur die Hawks en lede van die Vanderbijlpark-polisie se Taakspan gemaak toe hulle beslag gelê het op ‘n sportsak met renosterhorings ter waarde van R5,2 miljoen. Die sak het 250 kg geweeg.

‘n Groot deurbraak is onlangs deur die Hawks en lede van die Vanderbijlpark-polisie se Taakspan gemaak toe hulle beslag gelê het op ‘n sportsak met renosterhorings ter waarde van R5,2 miljoen. Die sak het 250 kg geweeg.

Dié massiewe vonds is gemaak nadat lede van dié eenhede leidrade opgevolg het wat daartoe gelei het dat drie verdagtes met die horings in hul besit gevang is.

‘n Woordvoerder van die Valke, lt. Carol Mulamu het bevestig dat die drie verdagtes in die parkeerterrein by Vaal Mall in hegtenis geneem is.

Die drie verdagtes is Martin van Rooyen (30), Conrad Franklyn (32) en Adrian van Staden (27). Hulle is onderskeidelik van Sa-solburg en Vanderbijlpark.

Die Hawks het hulle voorgedoen as kopers wat in die horings belangstel. Die Taakspan het toe toegeslaan.

Die Valke wou nie die fyner besonderhede oor hoe hulle die “nes” van die verdagtes gevind het bekend maak nie, maar het gesê dat hulle inligting van betroubare bronne opgevolg het. Die verdagtes is ook in die besit van ‘n vals dokument gevind wat hulle die nodige toestemming gee om die horings te vervoer.

Die dokument bevat ‘n stempel van ‘n wildpark in die Limpopo Provinsie. Dit vorm egter alles deel van die ondersoek en die eienaar aan wie die dokument behoort sal ook in hegtenis geneem word.

Die drie mans het op Maandag, 25 April in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn. Conrad Franklyn en Adrian van Staden is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Martin van Rooyen is borgtog geweier. Die saak is uitgestel tot 3 Mei.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button