NewsNews

Boere in NVS gevra om vir hulp aan te klop

Die Boere Troos Noord-Vrystaat Organisasie het vandeesweek ’n beroep op boere in die omgewing gedoen om met hulle kontak te maak indien hulle hulp benodig weens die droogte. Vroeër vandeesmaand het die gemeenskap van die Vrystaatse dorpie, Parys, saamgespan om fondse in te samel vir boere in die Noord-Vrystaat wat gebuk gaan onder geweldige druk na aanleiding van die voortgesette droogte. Boeretroos Noord-Vrystaat en die Parys Toerisme Buro het toe op 16 April ’n groot fondsinsameling gehou ten bate van hierdie boere. ‘Ons het nagenoeg R120 000 tydens die Boeretroos Fees ingesamel en daar het sowat 2300 deur die hekke gekom. Dankie vir elke feesganger se goeie gees op die dag. Almal gons oor hoe lekker die atmosfeer was. Daarvoor kan ons ook die kunstenaars bedank,’ vertel Denise Joyce, een van die organiseerders.

Die Boere Troos Noord-Vrystaat Organisasie het vandeesweek ’n  beroep op boere in die omgewing gedoen om met hulle kontak te maak indien hulle hulp benodig weens die droogte.
Vroeër vandeesmaand het die gemeenskap van die Vrystaatse dorpie, Parys, saamgespan om fondse in te samel vir boere in die Noord-Vrystaat wat gebuk gaan onder geweldige druk na aanleiding van die voortgesette droogte. Boeretroos Noord-Vrystaat en die Parys Toerisme Buro het toe op 16 April ’n  groot fondsinsameling gehou ten bate van hierdie boere.
‘Ons het nagenoeg R120 000 tydens die Boeretroos Fees ingesamel en daar het sowat 2300 deur die hekke gekom. Dankie vir elke feesganger se goeie gees op die dag. Almal gons oor hoe lekker die atmosfeer was. Daarvoor kan ons ook die kunstenaars bedank,’ vertel Denise Joyce, een van die organiseerders.
Met die fees is die gemeenskap vermaak met boeredanse, lekker kos, sowel as hope vermaak vir jonk en oud. Bekende sangers soos Niel Somers, Liza Bronner, DZL, Marulaboom en plaaslike talent het opgetree.
‘Terwyl die onlangse reën verligting vir inwoners van die distrik gebring het, kan dieselfde nie gesê word van die boere nie. Baie het hulle oeste verloor terwyl ander nie eens geplant het nie. Op die stadium sukkel hulle om voer vir hulle diere en plaasinwoners te voorsien.’
‘Die toekoms is ook onseker aangesien dit nie duidelik is of die gewasse die winter sal oorleef nie.’
Boere wat by die projek gaan baatvind is in dorpe soos Cornelia, Deneysville, Edenville, Frankfort, Heilbron, Koppies, Kragbron, Kroonstad, Oranjeville, Parys, Renovaal, Sasolburg, Steynsrus, Tweeling, Vierfontein, Viljoenskroon, Villiers en Vredenfort.
‘Ons volgende stap is om ‘n daadwerklike verskil in die lewens van hierdie boere te maak en diegene wat hulp nodig het kan ons kontak by boeretroosnv@gmail.com,’ sê Denise.
Die organiseerders het ook hulle dank aan elke borg, feesganger en betrokke persoon uitgespreek.
Joyce het genoem dat die projek nie tot ‘n einde gekom het met die hou van die fees nie, maar dat hul steeds besig is om fondse in te samel met onder andere ‘n cd wat saamgestel is deur sangers wat tydens die fees opgetree het.
Verder ontvang hulle ook nog steeds skenkings

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button