NewsNews

Man kritiek na veelvuldige bysteke

Potchefstroom - ‘n 53 jarige man is Woensdag in ‘n kritieke toestand hospitaal toe vervoer na ‘n swerm bye hom gesteek het.

Potchefstroom – ‘n 53 jarige man is Woensdag in ‘n kritieke toestand hospitaal toe vervoer na ‘n swerm bye hom gesteek het.

Volgens ‘n verklaring van ER24 het hulle paramedici om 11:24 by die bouperseel aangekom in Herman straat waar die pasiënt besig was om te werk. Hulle het die man langs die pad aangetref, sy kollegas het hom met water afgespoel om van die bye ontslae te raak.

ER24 paramedici het onmiddellik gevorderde lewensondersteuning toegepas, aangesien daar bevind is dat die man ‘n erge allergiese reaksie gekry het.

Hy is in ‘n kritieke toestand Mediclinic Potchefstroom toe gevat vir verdere behandeling. Vyf ander pasiënte het ook beserings opgedoen maar hulle wou nie hospitaal toe vervoer word nie.

Wat om te doen as bye jou aanval

Hardloop, baie mense maak die fout om stil te staan en die bye te probeer weg slaan.

Hierdie taktiek het die teenoorgestelde effek, dit gee die bye tyd dat die res van die swerm by kan kom. Jy moet so vinnig as moontlik skuiling vind.

Water is ‘n swak skuiling teen ‘n bye aanval.

Die swerm sal bloot bo die water bly vlieg tot jy wil asem skep. Hulle sal dan die aanval voortsit.

Sodra jy weg gekom het van die swerm af, meot jy dadelik die angels uitkrap. ‘n By se angel hou aan gif spuit totdat dit uit getrek word.

Gaan altyd dadelik na ‘n dokter toe, veral as jy sukkel om asem te haal of voel daat daar swelling rondom jou nek is.

Die gemiddlede volwassene kan oor die algemeen honderde bysteke verduur, maar vir mense met allergieë kan een bysteek hulle doodmaak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button