NewsNews

Familie rou na hond se skietdood

n Familie is baie ontsteld nadat hulle hond verlede Donderdag omstreeks 17:00 in die Suid-dorp geskiet en later uitgesit moes word. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was ‘n man en vrou besig om in die tuin te werk toe hulle hond, Stoffie, oor die muur na die bure gespring het. Na ‘n rukkie het hulle ‘n skoot gehoor. Stoffie se eienaar was erg getraumatiseer en volgens sy dogter, Mari Pretorius, het haar pa nie eers gesien dat Stoffie oor die muur gespring het nie. Na hulle die skoot gehoor het, het hy gehardloop waar hy Stoffie sien lê het.

n Familie is baie ontsteld nadat hulle hond verlede Donderdag omstreeks 17:00 in die Suid-dorp geskiet en later uitgesit moes word. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was ‘n man en vrou besig om in die tuin te werk toe hulle hond, Stoffie, oor die muur na die bure gespring het. Na ‘n rukkie het hulle ‘n skoot gehoor. Stoffie se eienaar was erg getraumatiseer en volgens sy dogter, Mari Pretorius, het haar pa nie eers gesien dat Stoffie oor die muur gespring het nie. Na hulle die skoot gehoor het, het hy gehardloop waar hy Stoffie sien lê het. “Die buurman het vir my pa die hek oopgemaak en aan Stoffie probeer vat, toe byt Stoffie na hom. Maar toe my pa daar kom was hy heel rustig,” het Pretorius gesê. Hulle het Stoffie, ‘n Jack Russel/worshond-kruising, na die veearts van Paws geneem, maar omdat X-strale nodig was, is hulle na ’n ander veearts verwys. Dié veearts moes Stoffie Vrydagoggend uitsit, aangesien die koeël deur een van sy longe gegaan en in sy ruggraat vasgesit het wat hom verlam het.
“My pa het oor en oor probeer vertel hoe Stoffie gelyk het. Al wat hy kon sien is die bloed wat stroom en hoe Stoffie vir my pa in sy arms lê en kyk het,” het Pretorius gesê.
Dié tragedie kom kort nadat die familie hulle Labrador, Fiela, moes uitsit weens ouderdom. Hy het dalk vir Fiela gaan soek,” het Pretorius gesê.Volgens Sonè de Meyer, Paws inspekteur, is hulle besig om die saak in samewerking met die polisie te ondersoek. Manyoba het bevestig dat daar onder meer ’n saak van dieremishandeling ondersoek word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button