NewsNews

Talle só die vaardigheid van selfverdediging geleer

Die meeste studente nóg die afgelope 5 jaar het op Woensdag 20 April sertifikate ontvang vir die suksesvolle voltooiing van ’n drie maande selfverdedigingskursus in Parys. Met dié kursus was daar nagenoeg 38 studente.

Die meeste studente nóg die afgelope 5 jaar het op Woensdag 20 April sertifikate ontvang vir die suksesvolle voltooiing van ’n drie maande selfverdedigingskursus in Parys. Met dié kursus was daar nagenoeg 38 studente.
Die 3 maande kursus word 2 keer per jaar vir die afgelope 5 jaar gratis vir enigeen wat sou belangstel – oud of jonk – aangebied danksy die inisiatief van Sonja van Rhyn. Sonja sê die kursus is suiwer ’n  gemeenskapsdiens om inwoners te help om die basiese vaardighede van selfverdediging onder die knie te kry.
Die kursus is só gewild dat baie studente meer as een kursus bywoon om hul vaardighede op te skerp. Een só ’n student is Anneke Strydom wat nie een kursus die afgelope 5 jaar misgeloop het nie.
Die kursus kan gratis aangebied word danksy die NG gemeente Parys-Oos wat die kerksaal vir die duur van die kursus gratis beskikbaar en die gemeente se ds. Ian Jonker en Attie Goosen wat sorg dat die saaldeure oopbly vir die kursus. Slegs ’n  R50 registrasiefooi per student word gevra wat net die koste van die sertifikate en ’n  selfverdedigingswapen vir elke student moontlik maak.
Die kursus word aangebied deur Kobus Grobler en Francois Coetsee (hoofinstrukteurs), Danja van Rhyn (hulpinstrukteur) en Sonja van Rhyn (hulpinstrukteur en organiseerder)
Die volgende kursus is van die eerste Woensdag in Augustus tot die laaste Woensdag in Oktober. Mense wat belangstel kan gerus vir Sonja skakel by 082 327 4250.

Related Articles

Back to top button