NewsNews

Laat jou voete vir jou hart praat

Nasionale Tekkie Tax Dag is al drie jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender en ons vier dit hierdie jaar op Vrydag 27 Mei. Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys by watter verdienstelike saak jou hart lê.

Nasionale Tekkie Tax Dag is al drie jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender en ons vier dit hierdie jaar op Vrydag 27 Mei. Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys by watter verdienstelike saak jou hart lê.
Kies jou plakker vir ’n  saak wat jou na aan die hart lê, tooi jou tekkies op met ’n  paar waaghalsige Tekkie Tax veters en siedaar – jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax Dag!
Die projek is in 2013 begin toe ons land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. Marieta Kemp, Direkteur Maatskaplike Dienste van die SAVF sê “Omdat daar soveel welsynsorganisasies betrokke is, kan ons die projek op ’n  baie lae kostestruktuur bedryf en seker maak dat elke sent op grondvlak aangewend word.”
Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 11 nasionale welsynsorganisasies wat altesaam meer as
1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig waaronder Epilepsie SA, Kindersorg SA, SOS Children’s Villages, CHOC (Childhood Cancer Foundation), Special Olympics SA, CANSA, Imisebeyelanga Services, Meals on Wheels, VVA, NG Welsyn
en SAVF
Tekkie Tax het reeds R13,7 miljoen ingesamel en die verskil wat dit op grondvlak in ons land gemaak het, is ’n riem onder die hart.
Daar is geen verskoning om nie deel te neem hierdie jaar nie. Die skoenveters (R35 per pakkie) en plakkers (R10 elk) is van middel April af beskikbaar by alle Clicks of Toys R Us winkels. Daar is ook meer as 200 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak. Bestellings kan ook gedoen word op die Tekkie Tax webblad www.tekkietax.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button