NewsNews

Wees fiks en leef, sê 74-Jarige fietsryer ná depressie

Jou lewe na 60 kan nog die moeite werd wees. As jy iets wil doen, kan jy dit doen, maak nie saak wat jou droom is nie. Onthou - ’n bejaarde tree nie uit nie, jy tree aan!”Dit was die inspirerende woorde van die 74-jarige Jakkie van der Colff wat verlede Weonsdag saam met dr. Toen van der Merwe met inwoners gesels het oor die Suiderkruis-fietstoer wat Jakkie in samewerking met Gryskrag onderneem.

Jou lewe na 60 kan nog die moeite werd wees. As jy iets wil doen, kan jy dit doen, maak nie saak wat jou droom is nie. Onthou – ’n  bejaarde tree nie uit nie, jy tree aan!”Dit was die inspirerende woorde van die 74-jarige Jakkie van der Colff wat verlede Weonsdag saam met dr. Toen van der Merwe met inwoners gesels het oor die Suiderkruis-fietstoer wat Jakkie in samewerking met Gryskrag onderneem.
Jakkie, ’n  ervare fietsryer, ry van Musina in die noorde tot by Kaap Agulhas in die suide. Daarna begin hy as tweede been van die rit by Kosiebaai in die ooste en ry tot by Alexanderbaai, die mees westelike punt van die land.
Tydens die toer  van oor die 4 200km sal hy by 45 dorpe en stede in die land aandoen.  Met Jakkie se aankoms in Parys verlede week, het hy reeds 999km van die 4 200km afgelê. Sy leuse – Wees fiks en leef!
Die donker put van depressie en hoë bloeddruk wat Jakkie sin in die lewe laat verloor het, het in 2012 vir hom handomkeer verander toe hy begin fietsry het. Die Suiderkruistoer is sy derde fietstoer. Aanvanklik het hy met sy eerste toer eers van Pretoria na Kaapstad gery in 2013, en toe in 2014 is hy met sy fiets om die land. Sy Pretoria/Kaapstad-toer het hy voltooi in minder ure as wat hy oud is.
En dit alles het begin met die woord, “uitdaging” wat hy oor die radio gehoor het en net daar en dan besluit het dat hy sal fiks word.
* Gryskrag is ’n  landwye lede-organisasie sonder winsbejag bekend vir sy betrokkenheid by senior burgers, waar veral na die “nuwe” leefstyl en leefwyse na aftrede omgesien word. Die Plus 50-tydskrif is die mondstuk van die organisasie.
Mense wat meer inligting wil hê oor Gryskrag kan die webtuiste www.gryskrag.co.za besoek of die Facebook blad Suiderkruistoer. Vir navrae kan dr. Karel Prinsloo ook geskakel word by 012 348 3354.

Related Articles

Back to top button