NewsNews

Kyk eers mooi wat op die bedelaar se kartonbord staan… Solidariteit Helpende Hand staan weer op straat

Lees maar mooi wat op die kartonbord van ’n bedelaar op jou naaste hoek staan as jy weer wil geld gee, dit mag dalk ’n vrywilliger of personeellid van Solidariteit Helpende Hand wees wat jou daarop wil wys dat jy dalk onnadenkend gee. Helpende Hand se 150 takke met meer as 300 van Solidariteit Helpende Hand se personeel, vrywilligers en ondersteuners, tussen 18 en 20 April, landswyd op straathoeke en by verkeersligte reg oor die land staan en bedel met onkonvensionele gesegdes op kartonborde.

Lees maar mooi wat op die kartonbord van ’n bedelaar op jou naaste hoek staan as jy weer wil geld gee, dit mag dalk ’n vrywilliger of personeellid van Solidariteit Helpende Hand wees wat jou daarop wil wys dat jy dalk onnadenkend gee. Helpende Hand se 150 takke met meer as 300 van Solidariteit Helpende Hand se personeel, vrywilligers en ondersteuners, tussen 18 en 20 April, landswyd op straathoeke en by verkeersligte reg oor die land staan en bedel met onkonvensionele gesegdes op kartonborde.

Helpende Hand wys die publiek daarop dat ten spyte van wat op die kamma bedelaars se borde staan, verbygangers steeds geld gee en dit te midde van die kontroversiële versoeke op die kartonborde. Daar gaan in 35 dorpe en stede bewusmaking geskep word vir die #geeReg projek. Borde bevat kontroversiële boodskappe soos “jou geld voer my dwelmverslawing” en “gee my geld om dwelms te koop asseblief”. Hierdie taktiek is daarop gemik om die publiek daarop te wys dat daar onnadenkend en om verkeerde redes aan Bedelaars gegee word.

In n kwalitatiewe studie wat deur Helpende Hand onderneem is het respondente beweer dat tot 90% van blanke bedelaars aan dwelms verslaaf is. Die organisasie glo dat skenkings eerder aan betroubare instansies gemaak moet word wat hulle daarop toespits om armes by te staan op ’n konstruktiewe manier en wil ʼn dringende beroep op die publiek doen om nie geld aan bedelaars te gee nie.

“Wanneer die publiek aan bedelaars op straat geld gee, verkeer mense onder die wanindruk dat die geld vir lewensmiddele soos voedsel en kleding aangewend gaan word. Min mense besef egter die skade wat hulle aanrig deur geld vir bedelaars te gee,” sê Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand.

Volgens dr Danie Brink, uitvoerende hoof by Solidariteit Helpende Hand is die organisasie nie net een wat links en regs hulp en geld uitdeel nie. “Wanneer ons iets vir iemand gee of doen wat hulle in staat is om vir hulself te doen, is ons besig met giftige hulp. Ons doen dit gewoonlik vir jong mans wat by ’n verkeerslig staan en bedel. Hierdie jong manne is gewoonlik heeltemal in staat om “in die sweet van hulle aangesig hulle brood te verdien”, maar ons gee vir hulle geld of goed en maak asof hulle nie daartoe in staat is nie.”

Die #geeReg projek gaan hand-aan-hand met die bekendstelling van die dokumentêr Bedwelmd wat op 21 April by die Atterbury teater in Pretoria bekendgestel word. Die dokumentêr bestaan uit gesprekke met gerehabiliteerde dwelmverslaafdes en hul geliefdes wat dié tragedie tot in die kyker se sitkamer bring. Die dokumentêr is daarop gemik om mense bewus te maak van die gevare as hulle onnadenkend geld vir bedelaars gee, wat die gevolge daarvan is, en watter fasette van mense se lewens dit aanraak.

Die dokumentêr sal Donderdag na afloop van die bekendstelling gratis beskikbaar wees op die internet. Besoek gerus www.geereg.co.za om dit te sien.

Indien u meer inligting soek oor die #geeREG-veldtog of wil weet waar in die area die veldtog plaasvind skakel gerus vir Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand, op 012 644 4390012 644 4390 of stuur ’n e-pos na lizelle@helpendehand.co.za.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button