NewsNews

Kiesers se kommer oor adresse op kieslys

Sal die land op 3 Augustus ’n vry en regverdige munisipale verkiesing hê? Dit is ’n ope vraag deur politieke kenners ná kommer die afgelope week deur verskeie kiesers ook in Ngwathe uitgespreek is oor óf die Onafhanklike Verkiesingskommissie gereed is vir dié verkiesing.

Sal die land op 3 Augustus ’n  vry en regverdige munisipale verkiesing hê? Dit is ’n  ope vraag deur politieke kenners ná kommer die afgelope week deur verskeie kiesers ook in Ngwathe uitgespreek is oor óf die Onafhanklike Verkiesingskommissie gereed is vir dié verkiesing.
Dit is feitlik onmoontlik om die munisipale verkiesing op hierdie laat stadium uit te stel omdat die verkiesing volgens die Grondwet op die laatste teen 16 Augustus moet geskied.
Baie Suid-Afrikaners het klagtes ná die laaste en finale registrasienaweek van 9 en 10 April  oor die registrasieproses met kiesers wat vir jare in bepaalde wyke geregistreer was en daar gestem het, maar van wie die adres nou van die kieserslys verdwyn het. Sommige se adresse was ook verkeerd.
Andere het gekla dat by verskeie van die gegewe webtuistes en nommers navraag gedoen is oor óf hul wel geregistreer is waarop bevestig is dat hul geregistreer is. Net om by die stemlokale te hoor dat dit toe nie die geval is nie. Die vraag is wat van kiesers wat nie gaan seker maak het nie en onder die indruk is dat hul steeds geregistreer is.
Adresse is van kardinale belang in die verkiesing om dit regverdig te maak, omdat mense stem in die wyk waar hulle woon. Daarsonder maak dit die deur oop vir korrupsie.
Kiesers meen die chaos met adresse kan dalk maak dat hulle nie sal kan stem nie. Daarmee saam is die verandering van wyke soos in Ngwathe se geval, ook ’n verdere bron van kommer met sommige kiesers wat nou in ander wyke val en gevolglik by ander stemlokale as in die verlede sal moet stem en moes registreer.
Die kieshof het in Februaie al gelas dat die OVK waar moontlik adresse op die kieserslys moet aangee. Die OVK se aansoek om appel hierteen is op 9 Mei in die konstitusionele hof aangehoor waar gevra word om grasie tot 2020.
Maar nou word gesê die OVK sloer al 13 jaar lank om adresse op die kieserslys te kry.
Met adresse kan bedrog makliker geïdentifiseer word. Dit is vroeër klinkklaar bewys in Potchefstroom waar verskeie kiesers wat volgens die kieslys in die Tlokwe-omgewing kon stem, toe in der waarheid in ander wyke woon as waar hulle gereigstreer is.
Die kieshof het op grond van hierdie bewyse besluit  om tussenverkiesings in sewe wyke wat in Februarie in Potchefstroom gehou sou word uit te stel. Dit het ook daartoe gelei dat alle tussenverkiesings oor die land heen nou uitgestel is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button