NewsNews

Lekker plaasjol by Boeretroos-fees dié naweek

Die gemeenskap van Parys het kragte saamgespan om boere in die Noord-Vrystaat by te staan wat gebuk gaan onder geweldige druk na aanleiding van die voortdurende droogte.

Die gemeenskap van Parys het kragte saamgespan om boere in die Noord-Vrystaat by te staan wat gebuk gaan onder geweldige druk na aanleiding van die voortdurende droogte. Met die naweek se Boeretroos-fees wat op 16 April by Stonehenge gehou word, wil Boeretroos Noord-Vrystaat en die Parys Toerisme Buro boere van die Fezile Dabi Distrik, wat nagenoeg 18 dorpe insluit, bystaan.
“Terwyl die onlangse reën verligting vir inwoners van die distrik gebring het, kan dieselfde nie gesê word van die boere nie. Baie het hulle oeste verloor terwyl ander nie eens geplant het nie. Op die stadium sukkel hulle om voer vir hulle diere en kos vir hul plaasinwoners te voorsien. Die toekoms is ook onseker aangesien dit nie duidelik is of die gewasse die winter sal oorleef nie”, sê Sya van der Walt-Potgieter, media-woordvoerder vir die fees.
Die fees sal ’n  lekker plaasjol wees met boeredanse, ’n  potjiekoskompetisie en hope vermaak vir jonk en oud.
Sangers soos Liza Bronner, DZL, Dewald Dippenaar, MarulaBoom, Piet Pompies en plaaslike talent sal tydens die geleentheid die gehoor vermaak. ’n  Toegangsfooi van R50 per voertuig sal gevra word.
Van der Walt-Potgieter sê boere wat by die projek sal baat is in dorpe soos Cornelia, Deneysville, Edenville, Frankfort, Heilbron, Koppies, Kragbron, Kroonstad, Oranjeville, Parys, Renovaal, Sasolburg, Steynsrus, Tweeling, Vierfontein, Viljoenskroon, Villiers en Vredefort.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button