NewsNews

LGV-vrywilligers se onbaatsugtige diens vir dorp se veiligheid

Terwyl Parysenaars rustig saans kan slaap, is daar ’n span vrywilligers wat sonder vergoeding deur die dag, maar ook saans en naweke werk om te help om Parys veilig te hou. Hierdie groep is Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV). Lede van die plaaslike VLU tak het onlangs meer gehoor oor wat LGV in die dorp doen toe LGV voorsitter, Pieter Kemp, en George de Beer, hoof van die Gemeenskaps Polisiëring Forum (Buurtwag) met die groep kom gesels het. LGV kan in enige brand en noodsituasie bystand verleen. Gazette het in die verlede al by verskeie geleenthede berig oor die groot rol wat hierdie vrywilligers speel nie net by hulp verlening soos in brand en waternood nie, maar ook koördinering van hulp waar ookal daar nood is.

Terwyl Parysenaars rustig saans kan slaap, is daar ’n  span vrywilligers wat sonder vergoeding deur die dag, maar ook saans en naweke werk om te help om Parys veilig te hou.
Hierdie groep is Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV). Lede van die plaaslike VLU tak het onlangs meer gehoor oor wat LGV in die dorp doen toe LGV voorsitter, Pieter Kemp, en George de Beer, hoof van die Gemeenskaps Polisiëring Forum (Buurtwag) met die groep kom gesels het.
LGV kan in enige brand en noodsituasie bystand verleen. Gazette het in die verlede al by verskeie geleenthede berig oor die groot rol wat hierdie vrywilligers speel nie net by hulp verlening soos in brand en waternood nie, maar ook koördinering van hulp waar ookal daar nood is.
Jy kan by LGV aansluit teen R100 per maand.
Die volgende voordele word aan lede verskaf:
* Georganiseerde buurtpatrollies
* 24 uur Beheerkamer en reaksie
* Konstante observasie en inligtingkommunikasie oor verdagte bedrywighede
* Kommunikasie netwerk
* Basiese instandhouding en onder-
steuning
* Basiese brandbestryding en onder-
steuning
* Ambulansdiens
* Misdaadtoneel ondersteuning
* Ondersoek ondersteuning by ernstige misdaad
* Trauma ondersteuning
Die 24-uur noodnommer om te skakel vir LGV is 076 683 4544
Word deel en maak ’n  verskil in jou dorp.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button