NewsNews

Derde bakkie helder oordag gevat – beloning

Derde bakkie helder oordag gevat – beloning Hierdie Toyota Hilux 4 x 4 1995 2.4 diesel bakkie was die derde ouer model bakkie wat verlede week in Parys helder oordag gesteel is. Die bakkie op die foto is op 6 April omstreeks 11:45 voor die Parys-biblioteek gesteel. Die ander twee bakkies is op 4 April …

Derde bakkie helder oordag gevat – beloning
Hierdie Toyota Hilux 4 x 4 1995 2.4 diesel bakkie was die derde ouer model bakkie wat verlede week in Parys helder oordag gesteel is.
Die bakkie op die foto is op 6 April omstreeks 11:45 voor die Parys-biblioteek gesteel. Die ander twee bakkies is op 4 April op die Pick ’n  Pay en Choppies parkeerterreine onderskeidelik gesteel. Geeneen van die voertuie is nog teruggevind nie.
Enigeen wat moontlik kan help met die suksesvolle terugvind van die bakkie op die foto hieronder word gevra om speur adjudant-offisier Gert Bruwer te skakel by 082 466 8094 of die Parys-polisiestasie by (056) 816 2500/2516.
Die publiek word ook gewaarsku dat huisbrake steeds ’n  groot kopseer in die dorp is. Moenie waardevolle elektroniese toerusting sigbaar in jou huis plaas nie. Jy sal verbaas wees hoeveel saans sigbaar is vanaf die straat met mense wat gordyne en deure wawyd ooplaat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button