NewsNews

OB maak vordering met ondersoek na Ngwathe rekeninge

Die ondersoek deur die Openbare Beskermer (OB) wat in Augustus 2015 deur VF Plus rdl. Philip van der Merwe aangevra is oor die totale wanbestuur van verbruikersrekeninge deur die Ngwathe munisipaliteit begin nou positief vorder.

Die ondersoek deur die Openbare Beskermer (OB) wat in Augustus 2015 deur VF Plus rdl. Philip van der Merwe aangevra is oor die totale wanbestuur van verbruikersrekeninge deur die Ngwathe munisipaliteit begin nou positief vorder.
Van der Merwe het aan Gazette gesê dat die Vrystaatse kantoor van die OB bevestig het dat die Ngwathe Munisipale Bestuurder gedagvaar is om op 4 Mei 2016 voor haar provinsiale verteenwoordiger in Bloemfontein te verskyn om antwoorde te geeop ’n hele aantal klagtes wat verband hou met die administrasie van die munisipaliteit se diensterekeninge.
Volgens Van der Merwe is een van die groot probleme dat Ngwathe, ahoewel die munisipale wette pertinent prosedures skep wat die munisipaliteit moet volg wanneer ’n  verbruiker ontevrede is met ’n  rekening, die wetgewing eenvoudig deurgaans ignoreer en bloot niks doen om sulke klagtes aan te spreek nie.
Die Vryheidsfront Plus kla volgens hom ook reeds jare al namens inwoners oor debiete wat op verbruikersrekeninge gehef word sonder dat die betrokke diens aan die inwoner gelewer is.
Hy sê vullis in die noordelike woongebiede van Heilbron is byvoorbeeld minstens die afgelope twee weke nie verwyder nie, maar inwoners kan aanvaar dat hulle wel met ’n  volle maand se vullisverwyderingsheffing belas sal word.
Van der Merwe het die OB versoek om naas ’n  aantal ander bevindinge wat gemaak sal moet word, ook pertinent te beslis oor hoe die munisipaliteit sulke situasies moet hanteer.
’n Ander groot probleem is Ngwathe se versuim om maandeliks korrekte verbruikersrekeninge aan inwoners te lewer soos wat die wet vereis. Vele rekeninge word baseer op óf foutiewe skattings óf foutiewe lesings wat selde later korrek reggestel word, indien enigsens.“Hieroor is die OB gevra om ook ‘n pertinente bevinding maak” sê hy.
Hy het ook die onlangse bevindings van die Grondwethof wat die regstatus van die OB se aanbevelings as bindend verklaar het, verwelkom. “Die uitspraak gee finaal tande aan die OB en sal enige bevinding van haar toekomstiglik basies dieselfde regskrag as ’n  Hofbevel geniet” voeg hy by.

Related Articles

Back to top button