NewsNews

Die Vredefort-storie met feite en staaltjies kleurvol vertel

Die boek oor die geskiedenis van Vredefort wat tans saamgestel word, nader voltooiing. Die boek sal foto’s en unieke dokumentasie bevat van onder meer die ontstaan van die dorp vandat die eerste erf uitgemeet is, die bou en ontstaan van die dorp se kerke, en mense wat ’n beduidende rol gespeel het soos genl. De Wet en die berugte Robey Leibrandt en andere. Tydens die NG Kerk se inwyding in 1923 was daar reeds 473 gesinne en 2 260 siele.

Die boek oor die geskiedenis van Vredefort wat tans saamgestel word, nader voltooiing. Die boek sal foto’s en unieke dokumentasie bevat van onder meer die ontstaan van die dorp vandat die eerste erf uitgemeet is, die bou en ontstaan van die dorp se kerke, en mense wat ’n beduidende rol gespeel het soos genl. De Wet en die berugte Robey Leibrandt en andere.
Tydens die NG Kerk se inwyding in 1923 was daar reeds 473 gesinne en 2 260 siele.
Hier sal jy kan lees oor families wat dekades en geslagte lank in die dorp gewoon het en selfs pioniers was, en hul leefwyse en bydraes. Daar is stories en legendes oor mense soos sers. Venter, en die stigter van die Hervormde Kerk, oom Jan Wiegand, en elkeen van hulle wat ’n  regmatige plek in die geskiedenis verdien en selfs jonger mense sal interesseer.
Het jy geweet dat daar in 1960 in ’n  klein dorpie soos Vredefort by nie minder nie as 4 kafees en ’n  hotel aan tafel gesit en geëet kon word. Toe het ’n 1 ton Dodge bakkie ’n  skamele R2 000 gekos en ’n retoer vliegkaartjie na Rome net R384.
Daar word vertel van die outydse boerderymetodes en die gesinsvermaak voordat televisie en selfs telefone daar was, toegelig met foto’s en sketse.
Nog ’n  interessantheid is dat daar by 5 motorhawens nuwe motors gekoop kon word. Toe die regering destyds moes besluit waar ’n  dorp gestig moes word, is op Vredefort besluit en vir baie jare was Parys deel van die Vredefort-distrik.
Die eerste goud in die Vrystaat is dan ook by Vredefort (Reitzburg) ontdek. Daar was meer as 2 000 goudgrawers en ’n  tydelike dorp genaamd Bothasrus het naby Reitzburg ontstaan.
Gaan krap in ouma se kaste en stuur nog foto’s vir hierdie prag boek. As jy oud Vredeforters ken, vra hul gerus om ietsie oor die dorp te skryf soos hulle dit onthou sodat hul name en hierdie geskiedenis ook in die boek opgeneem kan word.
Selfs inligting oor presteerders van die dorp se skole sal verwelkom word. Daar was van hulle wat internasionale erkenning gekry het. Dalk weet jy van meer.
Mense wat inligting of foto’s het kan gerus vir Johannes Maree, die samesteller van die boek skakel by 082 800 6956 of stuur ’n  faks na 086 299 3767.

Related Articles

Back to top button