NewsNews

New York wink vir talentvolle Parys-matrikulant

Amoré Kok, ‘n graad 12 leerling van Hoërskool Parys het met ’n sak vol toekennings weggestap na haar deelname aan SANTA (South African Nationals Talent Africa) wat van 21 tot 26 Maart by die Pro-Musica Teater in Roodepoort gehou was.

Amoré Kok, ‘n graad 12 leerling van Hoërskool Parys het met ’n sak vol toekennings weggestap na haar deelname aan SANTA (South African Nationals Talent Africa) wat van 21 tot 26 Maart by die Pro-Musica Teater in Roodepoort gehou was.
Talent Africa, die grootste uitvoerende kunste-organisasie van Suid-Afrika het die mees gesogte Nasionale Talent kompetisie gevestig in Suid-Afrika met die hoogste standaard wat gemeet kan word aan internasionale standaarde.
Amorè se foutlose optredes (sang en drama) het vir haar ’n plek in die Suid-Afrikaanse span vir Uitvoerende Kunste verseker. Sy gaan nou saam met die span New York toe om deel te neem aan die Internasionale rondte van die Talent America kompetisie van 5 tot 14 Julie.
Amoré het haar Gauteng-kleure verwerf asook Suid-Afrikaanse-kleure as gevolg van haar insluiting in die nasionale span.
Verder het sy ook die volgende toekenning verwerf:
13 Goue Medaljes
4 Silwer Medaljes
2 Brons Medaljes
Nommer 1 op die top 10 vir Drama (Glas Medalje)
Aangewys as die Beste Senior Akteur (Trofee)
Triple Threat Award (Trofee) – die trofee vir toegeken aan ‘n deelnemer wat in 3 of meer kategoriëe uitgeblink het waaronder drama, sang, dans, instrumente en model.
Sy is ook aangewys as een van die top 5 deelnemers aan die kompetisie waar daar 1,540 deelnemers was.
Sy was ook deel van die groep wat die Algehele Beste Groep trofee gewen het.
Haar drama afrigter, Linda Theron het die volgende gesê:
“Sy is ‘n baie toegewyde student wat geweldig baie ure spandeer aan voorbereiding en groot opofferings maak ter wille van haar liefde vir die kunste. Sy floreer met uitdagende stukke en lewer haar werk met presiese dramatiese pouses en aksente. Haar dramatiese vertolkings stuur hoendervleis teen jou arms op. Ek is trots om te sê sy is deel van my studio.”
Ten einde die span te kan vergesel na New York moet Amorè haar eie kostes dek. Indien daar enige besighede of individue is wat haar moontlik kan borg sal dit geweldig baie waardeer word. Kontak Yvette op 082 800 4749 / yvettekok@vodamail.co.za vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button