NewsNews

Borg vir boer ná appél

Die 47-jarige Boeta van der Westhuizen, se appél teen ’n vorige uitspraak waarmee borgtog aan hom geweier is op ’n klag van intimidasie, het vandag, Donderdag 31 Maart, in die Hoë Hof in Bloemfontein geslaag.

Hoë Hof gee borg vir boer ná appél
Die 47-jarige Boeta van der Westhuizen, se appél teen ’n  vorige uitspraak waarmee borgtog aan hom geweier is op ’n klag van intimidasie, het vandag, Donderdag 31 Maart, in die Hoë Hof in Bloemfontein geslaag.
Waarnemende regter Phalatsi het borgtog van R2 000 aan Van der Westhuizen, ’n boer van Parys, toegestaan.
Van der Westhuizen is een van die 7 moord beskuldigdes ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, wat verdink is van ’n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen in die Weiveld-distrik in Januarie vanjaar. Al 7 beskuldigdes is tans uit op borg en moet weer op 15 April voor die hof verskyn.
Die klag van intimidasie teen Van der Westhuizen is deur die Valke se ondersoekspan gemaak ná ’n  oproep van Van der Westhuizen op 3 Maart na kapt. Francois Laux, ondersoekbeampte van die Valke.
Tydens die borgaansoek in Parys is gehoor dat Laux eers met die derde oproep die foon geantwoord het waarop Van der Weshuizen aan hom gesê het dat hy gaan k*k as hy sy werkers verder intimideer.
Van der Westhuizen het met die aanvanklike borgaansoek sy diepe berou oor die oproep uitgespreek en gesê dat die oproep in woede gemaak is. Hy het getuig dat sy werkers aan hom gesê het dat hul aangerand en geïntimideer is om verklarings aan die Valke te maak. Sy frustrasie het breekpunt bereik toe hy van ’n  ander boer gehoor het dat ook sy plaaswerkers geïntimideer is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button