Local newsNewsNews

Vier steekwonde vir jongman in ‘Spider Valley’

VEREENIGING. - ‘n Jong motorfietsryer is verlede week in die hospitaal opgeneem nadat hy verlede Dinsdagmiddag omstreeks 16:30 deur drie rowers in “Spider Valley”, die gebied langs die Vaalrivier tussen Vereeniging en Vanderbijlpark, oorval en met ‘n mes gesteek is.

VEREENIGING. – ‘n Jong motorfietsryer is verlede week in die hospitaal opgeneem nadat hy verlede Dinsdagmiddag omstreeks 16:30 deur drie rowers in “Spider Valley”, die gebied langs die Vaalrivier tussen Vereeniging en Vanderbijlpark, oorval en met ‘n mes gesteek is.
Jaen Moolman (22) was met sy motorfiets vanaf Vanderbijlpark na Vereeniging onderweg toe drie rowers skielik in Mario Milani-rylaan te voorskyn gekom en hom met bakstene begin gooi het.
“Ek het in daardie stadium nie vinnig gery nie want daar is baie slaggate op daardie gedeelte van die pad. Die rowers
hardloop toe voor my in sodat ek moes stop. Hulle het my bande stukkend gesteek en gesê dat hulle my selfoon en beursie wou hê.
“Ek het gesê ek het nie geld by my nie, waarop hulle my begin aanval en my vier keer met ‘n skerp voorwerp gesteek het.”
Jaen het om lewe en dood geveg en hom in so ‘n mate teëgesit dat sy sleutel vermoedelik in een van die rowers se oog afgebreek het.

Jaen Moolman het vier steekwonde aan sy bolyf opgedoen tydens die geveg met rowers, wat hom in Mario Milani-rylaan oorval het.
Jaen Moolman het vier steekwonde aan sy bolyf opgedoen tydens die geveg met rowers, wat hom in Mario Milani-rylaan oorval het.

‘n Man met ‘n trok het op die toneel opgedaag en die rowers het die hasepad gekies. Werknemers van Tilly’s Glass het ook op die toneel gestop en Jaen gehelp om huis toe te bel en ‘n ambulans te ontbied.
Hy is in die Kopanong-hospitaal opgeneem, waar sy diep wonde geheg is.
Ironies genoeg is een van die rowers terselfdertyd vir ‘n besering aan sy oog in dieselfde hospitaal opgeneem.
Die polisie kon teen druktyd nie bevestig of enigiemand al in verband met die rooftog in hegtenis geneem is nie.
Jaen bedank graag die mense wat hom na die rooftog bygestaan het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button