NewsNewsNews galleriesPhoto Galleries

Borg vir 2 maar saak nie sterk, sê landdros

Landdros Ronnie Nguni het Maandagmiddag verras in sy uitspraak met die borgaansoek van Wian van der Westhuizen (21) en Fanie Oosthuizen (42), toe hy aan albei borgtog van R20 000 elk toegestaan het, onder die borgvoorwaardes dat hulle nie met die ondersoek of getuies mag inmeng nie. Dit volg nadat vyf van die ander beskuldigdes in dieselfde moordsaak ná die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa in Januarie vanjaar op ’n plaas in die Weiveld-distrik, vroeër elk op borgtog van R5 000 vrygelaat is. Nguni het in die borgaansoek wat langer as ’n week gesloer het en waartydens twee landdroste onttrek het, gesê die staat se saak is nie baie sterk teen Oosthuizen en Wian van der Westhuizen nie, en dat die ondersoek nog ver van klaar is. Hy het ook die staat se bewering dat hulle getuies sal intimideer omdat hulle nou saamwerk met die plaaswerkers, as wankelrig beskryf. Hy was duidelik in sy uitspraak dat die ander vyf verdagtes borgtog gekry het en dit nie sin maak om nie borgtog aan Oosthuizen en Wian van der Westhuizen toe te staan nie.

Die staat het net vir borgtog van R10 000 elk gevra.Terwyl daar groot vreugde was oor die borgtog wat einde ten laas ná ’n  lang en spanningsvolle week in die hof toegestaan is, was daar totale verslaentheid kort daarna toe nog een van die aangeklaagdes in die saak, Boeta van der Westhuizen, wat op 4 Maart weer in hegtenis geneem is op ’n  klag van intimidasie, borgtog geweier is en nou in aanhouding sal bly tot die verhoor. (Berig op bl. 3).
Al sewe die beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen, Johan Cilliers sr. en Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen, moet weer op 15 April in die hof verskyn.
Met die hofverrigtinge vir die borgaansoeke verlede week, is die rassekaart deur die staat self gespeel om verdere druk op landdros Leshnee Pillay te plaas om te onttrek met klagtes dat sy glo “té wit” sou wees weens haar verhouding met ’n Afrikaner man,  en aanmerkings van mense uit die gemeenskap dat sy glo nie onpartydig is nie. Dit te midde van talle ANC-ondersteuners in die hof, geklee in geel T-hemde met die duidelike boodskap dat rassisme nie geduld moet word nie. Pillay het haar verlede Vrydag amptelik van die saak onttrek op versoek van die staat en die verdediging ná volgehoue druk op haar tydens die borgaansoeke van Wian van der Westhuizen (21) en Fanie Oosthuizen (42).
Sy het gesê dat dit vir haar wat die gemeenskap al langer as sewe jaar dien ’n  hartseerdag is.  Sy het gesê dat al sou ’n  landdros onpartydig wees, dit belangrik is om te onthou dat die gemeenskap se persepsie van ’n  landdros se onpartydigheid ’n rol speel. Sy het gesê dat dit in belang van geregtigheid is dat sy haar nou onttrek. Sy het gesê dat die saak ’n politieke speelveld geword het en genoem dat dit baie hartseer is dat mense van dieselfde rasgroep elke dag in Suid-Afrika vermoor word, maar niemand genoeg omgee om ’n  span Valke te stuur om hul moorde te ondersoek nie. Sy het gesê dit is tragies dat twee mense gesterf het, maar dat die hele land sy respek vir die twee oorledenes en hul families asook die regte van die beskuldigdes verloor omdat dit nou ’n rasseoorlog geword het. Landdros Ronnie Nguni het Vrydagmiddag van nuuts af die borgaansoeke aangehoor, asook die borgaansoek van Boeta van der Westhuizen. Met verlede Donderdag se sitting is selfs familielede van Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen in die hofsaal geviktimiseer. Die hof het in die afgelope week ook herhaalde kere gehoor van intimidasie, boelie-gedrag van die Valke en selfs beweerde politieke inmenging in die saak deur die ANC.

Related Articles

Back to top button