NewsNews

Oproep arrogant, sê landdros

Die oproep wat Boeta van der Westhuizen op 3 Maart gemaak het na kapt. Francois Laux, ondersoekbeampte van die Valke was totaal arrogant en behoort nie geduld te word nie. Só het landdros Ronnie Nguni kort voor 17:00 Maandagmiddag gesê toe hy borg geweier het aan Van der Westhuizen op ’n klag van intimidasie. Van der Westhuizen, wat ook een van die beskuldigdes is in die moordverhoor ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, sal nou in aanhouding bly in afwagting op die verhoor. Hy sal weer saam met die ander 6 beskuldigdes wat ook tereg staan op klagte van moord op 15 April voor die hof verskyn wanneer die saak waarskynlik na die hooggeregshof verwys sal word vir verhoor.

Die oproep wat Boeta van der Westhuizen op 3 Maart gemaak het na kapt. Francois Laux, ondersoekbeampte van die Valke was totaal arrogant en behoort nie geduld te word nie.
Só het landdros Ronnie Nguni kort voor 17:00 Maandagmiddag gesê toe hy borg geweier het aan Van der Westhuizen op ’n  klag van intimidasie. Van der Westhuizen, wat ook een van die beskuldigdes is in die moordverhoor ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa op 6 Januarie vanjaar op ‘n plaas in die Weiveld-distrik, sal nou in aanhouding bly in afwagting op die verhoor.
Hy sal weer saam met die ander 6 beskuldigdes wat ook tereg staan op die klagte van moord op 15 April voor die hof verskyn wanneer die saak waarskynlik na die hooggeregshof verwys sal word vir verhoor.
Van der Westhuizen het vroeër borg van R5 000 gekry op die klagte van moord, soos ook vier van die ander beskuldigdes, Johan Cilliers Sr en Johan Cilliers Jr, Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo.
Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen wat sedertdien as 6de en 7de beskuldiges in die saak bygevoeg is, het Maandagmiddag borgtog van R20 000 elk gekry nadat hulle op 2 en 3 Maart onderskeidelik gearresteer is.
Die klag van intimidasie teen Boeta van der Westhuizen is deur die Valke gemaak ná ’n oproep wat hy Donderdagaand 3 Maart na kapt. Francois Laux gemaak het.
Die hof het verlede week gehoor dat Laux eers met die 3de oproep die foon geantwoord het waarop Boeta van der Westhuizen aan hom gesê het dat hy gaan k*k as hy weer aan sy mense slaan.
Boeta van der Westhuizen het in sy getuienis sy diepe berou oor die oproep uitgespreek en gesê dat die oproep in woede gemaak is nadat hy dae tevore gehoor het dat sy plaaswerkers glo aangerand en geintimideer is om verklarings aan die Valke te maak.
Hoewel hy toe die werkers afgeraai het om verklarings aan die polisie te maak omdat hy geglo het dat daar saamgewerk word met die Valke om die ondersoek afgehandel te kry, het sy frustrasie breekpunt bereik toe hy van ’n  ander boer gehoor het dat ook sy plaaswerkers geïntimideer is, het die hof gehoor.
Landdros Nguni het in sy uitspraak gesê dat daar die moontlikheid is dat Van der Westhuizen met getuies kan inmeng wat die saak kan belemmer en dat hy daarom nie borgtog toestaan nie.

Related Articles

Back to top button