NewsNews

Steeds geen uitslag op borgaansoek van 2

Daar is steeds geen uitslag in die borgaansoek van Wian van der Westhuizen (21) en Fanie Oosthuizen (42) wat verlede week as 6de en 7de aangeklaagdes deur die Valke inhegtenis geneem is op twee klagte van moord ná die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda.

Daar is steeds geen uitslag in die borgaansoek van Wian van der Westhuizen (21) en Fanie Oosthuizen (42) wat verlede week as 6de en 7de aangeklaagdes deur die Valke inhegtenis geneem is op twee klagte van moord ná die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda.
Die staat beweer dat die oorledenes deur Van der Westhuizen en Oosthuizen, saam met die 5 ander  wat vroeër al inhegtenis geneem is, glo die oorledenes ernstig sou aangerand het waarna hulle kort daarna gesterf het. Die aanranding het gevolg nadat hulle verdink is van die plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (72) op sy plaas in die Weiveld-distrik op 6 Januarie vanjaar. Nog arrestasies word verwag.
Die staat het sedert verlede Vrydag vertragingstaktiek tot die uiterste ingespan en by herhaling gevra dat eers landdros Gustav Prinsloo wat Vrydag op die bank was moes onttrek, en daarna Maandag ook landdros Leshnee Pillay.
Vanoggend is weer in die hof bespiegel dat die staat wil vra dat Pillay onttrek. Terwyl die staat en die verdediging Pillay in kamers gespreek het, het ’n  stampvol hofsaal van net na 10:00 die oggend in groot afwagting gesit vir die borgaansoek verrigtinge om te hervat ná Dinsdag se sitting. Teen net voor 13:00 is gehoor dat die hofverrigtinge eers om 14:00 sal hervat.
Buite die hofgebou het ’n  klein groepie ANC ondersteuners rustig gewag op nuus oor wat binne die hofgebou gebeur. Vroegoggend is al begin met sang onder streng polisie teenwoordigheid.
Die ander vyf aangeklaagdes in die saak is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr en jr en kapt. Henk Prinsloo. Al 5 is borg van R5 000 elk gegee.
Boeta van der Westhuizen is verlede week egter weer inhegtenis geneem op ’n  klag van intimidasie en moes Donderdag 10 Maart weer voor die hof verskyn het. Hy sou in aanhouding bly tot dan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button