NewsNews

Nog twee vas vir dood van 2 ná plaasaanval

og 2 verdagtes wat moontlik verbind kan word met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda in Januarie vanjaar, is deur die Valke inhegtenis geneem en sal Maandag in Parys voor die hof verskyn.

Nog 2 verdagtes wat moontlik verbind kan word met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda in Januarie vanjaar, is deur die Valke inhegtenis geneem en sal Maandag in Parys voor die hof verskyn.
Brig. Hlangwani Malaudzi, Valke woordvoerder, het aan Gazette bevestig dat die mans wat moontlik met die moord van Tjixa en Jubeda verbind kan word, Donderdag gearresteer is, asook 1 van die verdagtes aan wie borg vroeër toegestaan is, en teen wie n klag van intimidasie nou gemaak is.
Die man sal saam met die ander 2 verdagtes ook Maandag voor die hof verskyn.
Tjixa en Jubeda het gesterf na n plaasaanval op die bejaarde Loedie van der Westhuizen op sy plaas in die Weiveld-distrik op 6 Januarie vanjaar. Meer as 40 boere van die distrik asook van Koppies en Heilbron het op die noodroep na die aanval gereageer en is Tjixa en Jubeda op n buurplaas deur van die boere gearresteer. Hulle was erg beseer en het kort daarna in hospitale in Parys en Bloemfontein onderskeilik gesterf.
Vyf verdagtes is vroeer reeds deur die Valke inhegtenis geneem en is almal borgtog van R5 000 elk toegestaan. Die 5 moet weer in April voor die hof verskyn.
Bewerings is vroeer deur die EFF gemaak dat die plaasaanval op Van der Westhuizen moontlik gespruit het uit n loongeskil.
Molaudzi wou hom nie uitlaat oor die ondersoek nie behalwe om te sê dat vordering gemaak word.

Related Articles

Back to top button