NewsNews

Nersa moet verduidelik oor kragverhoging

Die VF het hom sterk uitgespreek teen wat hy sê “roekeloos en uiters teleurstellend” was van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) om in te stem tot ʼn kragverhoging van 9,4%.

Die VF het hom sterk uitgespreek teen wat hy sê “roekeloos en uiters teleurstellend” was van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) om in te stem tot ʼn kragverhoging van 9,4%.
Adv. Anton Alberts die VF Plus se parlementêre verteenwoordiger sê hy is sterk gekant teen die verhoging, veral aangesien Eskom self bekommerd is oor die feit dat sy kliëntebasis deurlopend besig is om te krimp. Die jongste verhoging sal hiertoe bydra, en sal daartoe lei dat al hoe minder kliënte Eskom voortaan sal moet dra.
Hy sê die VF Plus is van mening dat Eskom sy interne vermorsing sal moet staak en daarmee saam sy nie-lonende verskaffingskontrakte met die Gupta’s en ander bemagtigingsmaatskappye moet beëindig om weer winsgewend te kan raak.
Die VF Plus sal sy stem voeg by dié wat antwoorde van Nersa eis oor die verhoging.

Related Articles

Back to top button