NewsNews

Taalkenner se heengaan betreur

Die ATKV neem met leedwese kennis van die afsterwe van die bekende taalkundige, dr. Anton Prinsloo. Hy het bekendheid verwerf as senior mederedakteur van die WAT en was hooftaaladviseur en hoof van die Taalburo van die destydse SAUK. Dr. Prinsloo was ook op sy dag spesialisomroeper by RSG verantwoordelik vir taal-en klassiekemusiekprogramme en by kykNet as aanbieder van taalprogramme. Hy was ook vir ‘n paar jaar voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie en het verskeie toekennings ontvang vir o.a sy bekende kontreiwoordeboek, “Annerlike Afrikaans”.

Hy was dan ook die skrywer van 11 boeke oor taalkundige sake wat gewissel het van onderwerpe oor spreekwoorde tot bygelowe.

Volgens Evelyn Ferreira, senior bestuurder van die ATKV se taalafdeling, het dr. Prinsloo ‘n noue verbintenis met die taalwerksaamhede van die ATKV gehad. In 2005 het hy drie ATKV-Woordwystoekennings vir taalpublikasies tussen 1994 en 2005 ontvang en tot met sy dood het hy ‘n  taalrubriek in die taalafdeling se nuusbrief, -TALIG, behartig. Hy was ook nog onlangs betrokke as beoordelaar by die ATKV se nasionale spelkompetisie vir skole, bekend as ATKV-Spelathon.

Volgens Ferreira was Anton Prinsloo iemand met ‘n skerp intellek, fyn humorsin, ‘n “lopende woordeboek” en een van die veelsydigste taalkundiges van sy tyd in Suid-Afrika. Sy dood laat ‘n groot leemte in die Afrikaanse woordwêreld waarin daar, volgens kenners, ‘n toenemende behoefte aan opgeleide taalkundiges is. Die ATKV betuig sy simpatie met Anton se vrou, Fida, hul kinders en kleinkinders.

“Ons eer die nagedagtenis van iemand wie se lewenstaak dit was om nie net die hoëfunksies van Afrikaans in stand te hou en uit te bou nie, maar ook die vreugdes, humor en interessanthede van die taal vir elke liefhebber van die Afrikaanse taal laat leef het”, aldus Ferreira.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button