Local newsNewsNews

Studente staan saam vir die behoud van Afrikaans op Tukkies – word aangerand

Studente staan saam vir die behoud van Afrikaans op Tukkies - word aangerand

https://www.youtube.com/watch?v=NbuLcyaYpYA&feature=youtu.be

AfriForum Jeug en duisende studente het vandag opgestaan teen die EFF se eis dat Afrikaans op die Universiteit van Pretoria (UP) se kampus verwyder moet word. AfriForum Jeug het vandag ’n memorandum aan prof. Niek Grove, registrateur van UP, oorhandig. Ná die oorhandiging het lede van EFF oproerig geraak en lede van die polisie moes ingeroep word. ’n Lid van AfriForum Jeug is deur lede van die EFF aangerand.

Nadat alle studente van die UP uitgenooi was om ’n algemene vergadering oor die hersiening van die UP se taalbeleid by te woon, het Afrikaanse studente vir dié vergadering opgedaag. Lede van UP-bestuur en die EFF het dié Afrikaanse studente egter toegang tot die vergadering geweier.
AfriForum Jeug staan hul lede by in die saak van aanranding wat vanmiddag teen Amla Mingose Nagih, ’n EFF-leier op UP aanhangig gemaak is. Lede van AfriForum Jeug is met verskeie wapens aangerand.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button