NewsNews

Eskom hou die ligte aan – vir tyd en wyl

AfriSake het tesame met AfriForum ’n hofstryd teen Eskom gevoer nadat dié elektrisiteitsvoorsiener op 29 Januarie 2016 gedreig het om sommige munisipaliteite se kragtoevoer weens niebetaling van elektrisiteitsrekenings te sny.   Die dringende aansoek is voor die Noord-Gautengse hooggeregshof gebring, waarna Eskom onderneem het om nie die elektrisiteitstoevoer te sny nie.   “In hul mees …

AfriSake het tesame met AfriForum ’n hofstryd teen Eskom gevoer nadat dié elektrisiteitsvoorsiener op 29 Januarie 2016 gedreig het om sommige munisipaliteite se kragtoevoer weens niebetaling van elektrisiteitsrekenings te sny.

 

Die dringende aansoek is voor die Noord-Gautengse hooggeregshof gebring, waarna Eskom onderneem het om nie die elektrisiteitstoevoer te sny nie.

 

“In hul mees onlangse korrespondensie het die elektrisiteitsreus onderneem om nie die kragtoevoer te onderbreek na munisipaliteite wat in die litigasie betrokke is nie (Kamiesberg en Thembilihle) totdat die finale beslissing in die hoofaansoek gegee is nie,” het Stefan Pieterse, nasionale woordvoerder vir AfriSake.

 

Dit is goeie nuus vir munisipale kliënte wat gebuk gaan onder Eskom se dreigement om kragtoevoer te onderbreek. AfriSake sal voortgaan om Eskom se dreigement om enige munisipaliteit se kragtoevoer weens niebetaling van rekenings te sluit, teen te staan, omdat dit onregverdig is teenoor onskuldige kliënte wat hul rekenings gereeld en op datum betaal.

 

Die ooreenkoms sluit ongelukkig slegs daardie munisipaliteit in wat deel is van die bogenoemde litigasieproses, en nie elke munisipaliteit in Suid-Afrika nie. “Dit is daarom uiters belangrik dat besighede en lede van die publiek AfriSake kontak indien hul munisipaliteit se kragtoevoer gesny word. Ons sal die hof dan versoek om dié munisipaliteit by die hoofaansoek te voeg,” het Pieterse afgesluit.

Related Articles

Back to top button