NewsNews

Boere weer in hof: ANC provinsiale leiers ook hier

Boere weer in hof: ANC provinsiale leiers ook hier Van die ANC se provinsiale leierskap sal na verwagting ook môre 12 Februarie) aan ’n  protesoptog na die hofgebou deelneem waar vier boere van die distrik weer sal verskyn op aanklagte van moord na die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda op 6 Januarie vanjaar. …

Boere weer in hof: ANC provinsiale leiers ook hier
Van die ANC se provinsiale leierskap sal na verwagting ook môre 12 Februarie) aan ’n  protesoptog na die hofgebou deelneem waar vier boere van die distrik weer sal verskyn op aanklagte van moord na die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda op 6 Januarie vanjaar.
Nagenoeg 2 000 ANC-ondersteuners word verwag. Hulle sal ’n  memorandum aan die hofbestuurder en provinsiale kommissaris van polisie oorhandig. Ook die EFF het toestemming gevra om by die hof te vergader en sal ook ’n  memorandum oorhandig. Geen ander byeenkomste is gewettig nie en die polisie sal streng optree in geval van onwettige byeenkomste.
Boeta van der Westhuizen, Anton van Loggenberg en Johan Cilliers sr. en jr. is vroeër deur landdros Leshnee Pillay borgtog van R5 000 elk toegestaan. Pillay het met die borgaansoek skerp kritiek gehad vir die polisie se swak ondersoekwerk.
Die moordwapen is steeds soek en só klaarblyklik ook die beweerde selfoon-video van wat tydens die aanranding gebeur het. Dit ten spyte van herhaalde versoeke van die polisie dat mense na vore moet kom met inligting.
Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, was huiwerig om vandeesweek te reageer op  navrae van Gazette oor vordering wat tot dusver met die polisie ondersoek gemaak is, en het gesê hy sal eers ’n  verslag moet aanvra. Maar dit wil lyk asof die Valke geen steen onaangeraak gaan laat om seker te maak die skuldiges ry aan die pen nie.
Verskeie bronne het aan Gazette bevestig dat aksies die afgelope week hier uitgevoer is wat dui op groot druk om ’n deurbraak in die saak te probeer maak. Mulaudzi het egter nie verlede week gereageer op vrae oor ’n 22-jarige man ná aan die Van der Westhuizen-familie wat voorverlede week in hegtenis geneem is vir onwettige besit van ammunisie nadat ’n deursoekingslasbrief bekom is in die polisie se soektog na die moordwapen. Die man is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is uitgestel tot April.

Related Articles

Back to top button