News

AfriForum verwelkom polisie-aankondiging oor prioritisering van plaasmoorde

AfriForum verwelkom die aankondiging van lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, dat plaasmoorde, plaasaanvalle en veediefstal deur die polisie geprioritiseer gaan word. AfriForum dryf al vir jare ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde, en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies hieroor genader. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê …

AfriForum verwelkom die aankondiging van lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, dat plaasmoorde, plaasaanvalle en veediefstal deur die polisie geprioritiseer gaan word. AfriForum dryf al vir jare ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde, en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies hieroor genader.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat hierdie aankondiging ’n reusestap in die regte rigting is, maar dat die stryd nie outomaties gewen is nie. “Die ware toets sal uiteindelik in die syfers lê. Ons glo egter dat ’n volhoubare strategie teen plaasmoorde nie kan werk as dit nie deur die polisie geprioritiseer word en die nodige hulpbronne daaraan toegewy word nie,” het Roets gesê.

AfriForum se bestuur vergader vanoggend met mnr. Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, oor plaasmoorde en moontlike stappe wat geneem kan word om dit te bekamp.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button