CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Waterpret vir party na wolkbreuk

VANDERBIJLPARK. - Te middie die hewige droogte waaronder die grootste dele van die land gebuk gaan, het ‘n wolkbreuk verlede Vrydag verligting (en groot pret vir party motoriste) gebring.

VANDERBIJLPARK. – Te middie die hewige droogte waaronder die grootste dele van die land gebuk gaan, het ‘n wolkbreuk verlede Vrydag verligting (en groot pret vir party motoriste) gebring.

In Helena Lochnerstraat het die water die pad oorstroom en ‘n groot opdamming tot gevolg gehad. Party motoriste het veilig gespeel en eerder omgedraai en ‘n ander roete gevolg. Daar was egter diegene wat die water trotseer het en stadig daardeur gery het … en dan was daar diegene wat net eenvoudig nie die versoeking kon weerstaan om daardeur te jaag nie.

Hoe dit ookal sy, die Valies was baie dankaar vir die reën.

Related Articles

Back to top button