NewsNews

Straf beurtkrag dalk ook Ngwathe se voorland

Straf beurtkrag dalk ook Ngwathe se voorland Ngwathe-munisipaliteit se agterstallige Eskom rekening het teen November 2015 reeds meer as R455 miljoen rand beloop. Dit beteken dat sou Ngwathe nie teen 31 Januarie ’n  plan maak met sy agterstallige skuld of ’n  aanvaarbare ooreenkoms met Eskom bereik nie, dié munisipaliteit ook soos talle ander dorpe in …

Straf beurtkrag dalk ook Ngwathe se voorland
Ngwathe-munisipaliteit se agterstallige Eskom rekening het teen November 2015 reeds meer as R455 miljoen rand beloop.
Dit beteken dat sou Ngwathe nie teen 31 Januarie ’n  plan maak met sy agterstallige skuld of ’n  aanvaarbare ooreenkoms met Eskom bereik nie, dié munisipaliteit ook soos talle ander dorpe in die land straf beurtkrag sal hê vanaf 1 Februarie vanjaar.
Eskom-woordvoerder Khulu Phasiwe, sê briewe is aan verskeie Vrystaatse, Mpumalanga  en Noordwes munisipaliteite is gestuur om te waarsku dat kragtoevoer na die dorpe in die onderskeie munisipaliteite met tye afgeskakel sal word as strafmaatreël vir hul uitstaande skuld.
Munisipaliteite se totale skuld aan Eskom beloop nou al byna R5 miljard.
Die strafonderbrekings word in spitstye op weeksdae beplan en wel tussen 06:00 en 09:00, 12:00 en 14:00 en 18:00 en 22:00.
Phasiwe sê dat dit ’n  laaste uitweg is en dat Eskom dié drastiese stappe moet neem om sy geld in te kry. Hy het verduidelik dat hoewel dit jammer is dat betalende verbruikers ook hieronder gaan ly, die munisipaliteite Eskom se kliënte is en dat almal in die onderskeie munisipaliteite dieselfde kragonderbrekings sal ervaar.

Related Articles

Back to top button