CommunityNewsNews

Stinkstraat stink nie meer

VEREENIGING. - Die rioolpyp in Powerville wat vir soveel stank en ongerief gesorg het, is op 15 Januarie uiteindelik deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit met ‘n nuwe een vervang.

VEREENIGING. – Die rioolpyp in Powerville wat vir soveel stank en ongerief gesorg het, is op 15 Januarie uiteindelik deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit met ‘n nuwe een vervang.

Werknemers van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit pomp die rioolwater uit om sodoende die probleem te herstel. Dit is hoe dit gelyk het waar die rioolpyp gebars het. Foto’s: Moleboheng Chaha
Werknemers van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit pomp die rioolwater uit om sodoende die probleem te herstel. Dit is hoe dit gelyk het waar die rioolpyp gebars het. Foto’s: Moleboheng Chaha

 

Besigheidseienaars in Colensostraat, Powerville, het vir etlike weke met hul hande in hul hare gesit nadat rioolwater in die pad afgestroom het. Volgens Johan Smith, eienaar van Tubal Cane, het die rioolpyp reeds einde November gebars en rioolwater het voor die ingang van sy besigheid opgedam. “Ons moes daagliks met ons voertuie deur die rioolwater ry en my werknemers moes selfs daardeur loop om by die perseel te kom en wanneer hul huis toe gaan,” sê hy.

Johan meen dit was ’n gesondheidsrisiko vir almal wat daar werk en die reuk was ook ondraaglik. Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is telkemale gekontak, maar die werk is nou uiteindelik gedoen.
“Die pyp het gebars omdat die infrastruktuur baie oud is, maar die probleem is opgelos,” het Mojalefa Radebe, woordvoerder van die munisipaliteit gesê. Een van Johan se werknemers, Elias Ngqina sê dit wat die munisipaliteit gedoen het was nie reg nie. Hulle kon ernstig siek geword het.

Tydens Vaalweekblad se vorige besoek was werknemers van die munisipaliteit besig om die rioolwater uit te pomp om sodoende die probleem te probeer oplos. “Die rioolwater het in die kanaal geloop, wat dan weer in die Vaalrivier loop. Dit was werklik ’n probleem,” sê Johan.

Related Articles

Back to top button