CommunityNewsNews galleriesPhoto Galleries

Top distrik met top presteerders

VAALDRIEHOEK. - Die 2015-akademiese jaar het vir die Onderwysdepartement van Gauteng se Sedibeng-Oos-distrik op ’n hoogtepunt afgesluit met die uitstekende matriekuitslae wat graad 12-leerlinge behaal het.

VAALDRIEHOEK. – Die 2015-akademiese jaar het vir die Onderwysdepartement van Gauteng se Sedibeng-Oos-distrik op ’n hoogtepunt afgesluit met die uitstekende matriekuitslae wat graad 12-leerlinge behaal het.

Na ’n uitmergelende paar weke vir leerlinge is die matriekuitslae vir 2015 op 5 Januarie aangekondig. Die Sedibeng-Oos-distrik het veral die resultate met ope arms verwelkom.

Dié distrik is met ’n 90.4% slaagsyfer bo aan die lys tussen die ander 80 distrikte in Suid-Afrika. “Dit is vir ons ’n groot eer en al ons dank gaan aan God,” sê me. Dorah Moloi, die direkteur van die Onderwysdepartement van Gauteng se Sedibeng-Oos-distrik. Sy sê ook dat te danke aan die harde werk van die span by die distrik, skoolhoofde, onderwysers en ander rolspelers, kan dié distrik vanjaar spog met uitstekende resultate. Die top 10 skole in die Sedibeng-Oos-distrik spog met ’n slaagsyfer tussen 94% en 100%. Die distrik was in 2013 ook die distrik met die beste uitslae en in 2014 het dit die tweede posisie beklee.

Me. Moloi moedig vanjaar se graad 12-leerlinge aan om te fokus op hul akademie om sodoende goeie resultate vir 2016 teweeg te bring.

Vaalweekblad se uitgawe van 27 Januarie sal volledig oor al die toppresteerders berig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button