NewsNews

Borgtog vir Parys boere

Die vier beskuldigdes in die vermeende moordsaak wat Dinsdag in Parys aangehoor is, is vrygelaat na hulle R5000.00 borgtog elk moes betaal.

Die vier beskuldigdes in die vermeende moordsaak wat Dinsdag in Parys aangehoor is, is vrygelaat na hulle R5000.00 borgtog elk moes betaal.

Die vier, Boeta van de Westhuizen, Johan Celliers (jnr en snr) en Gert Loggenberg, is inhegtenis geneem na die dood van twee vermoedelike plaasaanvallers wat Van der Westhuizen se Pa verlede week op sy plaas aangeval het. Van der Westhuizen (snr) het die paniekknoppie gedruk en die verneemde aanvallers is deur ‘n groep boere op ‘n buurplaas vasgetrek. Die twee aanvallers het later in die Parys Hospitaal beswyk aan beserings wat hulle opgedoen het.

Landros Leshni Pillay het in haar uitspraak dit duidelik gemaak dat sy moet oordeel op die getuienis voor haar, die wette van die land en veral die grondwet van die land. Sy het aangetoon dat die Staat geen getuienis gelei het wat die beskuldiges direk aan die aanranding verbind nie. Sy het verder die SAPD gerooster oor bitter swak ondersoekwerk en swak getuies. Net een getuie is geroep en hy kon nie die beskuldiges met die vermeende aanranding verbind nie en daarom het sy besluit dat die vier op borgtog van R5000.00 elk vrygelaat word en hulle moet weer op 12 Februarie in dieselfde hof verskyn. Daar bestaan ‘n moontlikheid dat die moordklag tot ‘n klag van strafbare mansklag aangepas kan word.

Daar was groot belangstelling in die saak en meer as ‘n duisend boere het op die Parys vliegveld saamgetrek vir ‘n gebeds-aksie. Voor die hof het ongevaar 100 EFF ondersteuners en heelwat meer ANC lede gedreunsnag.

Die humeure het soms hoog gevlam maar daar was geen voorvalle nie. Die SAPD het ‘n sterk teenwoordigheid gehandhaaf en was oorgehaal vir enige gebeurlikheid.

Boere van die Potchefstroom en Fochville omgewings het ook die saak bygewoon.

Related Articles

Back to top button