NewsNews

AfriForum begin met veldtog vir droogtehulp

AfriForum begin met veldtog vir droogtehulp AfriForum het Vrydag’n veldtog van stapel gestuur waarmee dié burgerregte-organisasie droogtegeteisterde gebiede van hulp gaan voorsien. AfriForum gaan vir die volgende weke lede van die publiek op nasionale vlak aanmoedig om R10 by te dra, waarna AfriForum die bedrae op’n rand-tot-rand-basis sal verdubbel. ’n SMS-diens is vir hierdie doel …

AfriForum begin met veldtog vir droogtehulp
AfriForum het Vrydag’n veldtog van stapel gestuur waarmee dié burgerregte-organisasie droogtegeteisterde gebiede van hulp gaan voorsien. AfriForum gaan vir die volgende weke lede van die publiek op nasionale vlak aanmoedig om R10 by te dra, waarna AfriForum die bedrae op’n rand-tot-rand-basis sal verdubbel.
’n SMS-diens is vir hierdie doel geskep waardeur die publiek hul bydraes kan maak.
“Suid-Afrika word deur ’n ernstige droogte geteister. Boere kry ontsettend swaar en sekere dorpe het op dié stadium geen drinkwater nie. Ons kan nie anders as om ook in te spring en te help nie,” sê Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum.
AfriForum is van voorneme om ná afloop van die veldtog boere wat ’n ernstige tekort aan weiding ondervind in samewerking met landbou-organisasies soos TLU Suid-Afrika by te staan, asook om dorpe wat waterskaarste beleef, te ondersteun.
“Ons moedig alle lede van die publiek aan om hul name na 38312 te SMS om R10 tot die fonds by te dra. Elke R10-SMS gaan R20 se bydrae tot die droogtefonds verseker,” het Maree afgesluit

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button