NewsNews

Dis ‘n handvol A’s vir elk

Goeie tydsbeplanning en prioriteite wat moet reg wees. Dit is die wyse raad van Hoërskool Parys se top matriekpresteerders vir 2015,  Janke van Schalkwyk en Armand Bégué wat elk spog met 5 vakonderskeidings. Janke het haar onderskeidings behaal in Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid, Afrikaans Huistaal, Dramatiese Kuns en Toerisme. Armand spog met onderskeidings in Lewensoriëntering, Wiskunde, …

Goeie tydsbeplanning en prioriteite wat moet reg wees. Dit is die wyse raad van Hoërskool Parys se top matriekpresteerders vir 2015,  Janke van Schalkwyk en Armand Bégué wat elk spog met 5 vakonderskeidings. Janke het haar onderskeidings behaal in Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid, Afrikaans Huistaal, Dramatiese Kuns en Toerisme.
Armand spog met onderskeidings in Lewensoriëntering, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Ingenieursgrafika en Ontwerp en Siviele Tegnologie.
Albei vertel dat hulle gewerk het vir onderskeidings, maar dat die vraestelle maar moeilik was en hulle nie verwag het om elkeen met ’n  handvol A’s te kon spog nie.
Janke en haar ouers vertrek Sondag na Stellenbosch waar sy haar BA-graad studie in Drama en Teaterkunde sal begin. Net 50 studente is vir die kursus gekeur. Van sy kan onthou was drama wat sy wou doen – al van die dag toe sy in graad 1 met dramaklasse by tannie Susan Kleynhans begin het.
Janke het groot planne en wil saam met drama ook nog joernalistieke en onderwys diplomas agter haar naam hê.
Haar matriekjaar beskryf sy as gebalanseerd en hoewel daar nog baie tyd was vir kuier saam met vriende, het sy sommer gou geleer om haar dag te beplan. Só het sy tussendeur haar studie met 9 vakke ook tyd gehad vir die gimnasium, redenaars, Voortrekkers, kunswedstryd, dramaklasse, dans en selfs haar skryfwerk. As talentvolle skrywer is 2 van haar poësie stukke en ’n  prosawerk weer vanjaar in Die Poort tydskrif van die Akademie vir Wetenskap en Kuns ingesluit.
Dit is reeds die derde jaar dat haar werk in die prestige tydskrif ingesluit is.
Armand het ’n  beurs van Arcellor Mittal ontvang en gaan aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus ingenieurswese studeer. Só volg hy in pa Sebastien se voetspore wat ook meganiese ingenieur is.
Ook Armand het lankal reeds sy visier op ingenieurswese gehad. Armand se aanleg vir Wiskunde het gemaak dat hy ook van sy maats kon help wanneer daar by hom aangeklop is by die huis vir hulp met moeilike Wiskunde probleme.
Albei is vol lof vir hul onderwysers en die skool en sê dat daar baie moeite gedoen is om die matrikulante goed voor te berei. Hoewel Parys platteland is, sê die twee dat die dorp en sy skole vir niks hoef terug te staan nie, want dis hier waar hulle nie net akademies gelei is nie, maar ook as mens gevorm is.

Related Articles

Back to top button