BlogsNewsNewsOpinions

Die Driebandstrandkiewiet (“Sea-Cow-Bird”)

Die Driebandstrandkiewiet/Three-banded Plover (Charadrius tricollaris) is een van elf spesies van hierdie voëlfamilie wat in Suid Afrika aangetref word en een van twee wat oor die hele Suid-Afrika voorkom. Sien foto hierby vir die voorkoms van hierdie mooi, klein, fyn voëltjie, wat maar 18cm groot is en ‘n skamele 35g weeg. Die mannetjie en die …

Die Driebandstrandkiewiet/Three-banded Plover (Charadrius tricollaris) is een van elf spesies van hierdie voëlfamilie wat in Suid Afrika aangetref word en een van twee wat oor die hele Suid-Afrika voorkom. Sien foto hierby vir die voorkoms van hierdie mooi, klein, fyn voëltjie, wat maar 18cm groot is en ‘n skamele 35g weeg. Die mannetjie en die wyfie lyk eenders. Hulle belangrikste kenmerk, soos hulle naam aandui, is die drie bande om die bors, twee swart bande, geskei deur ‘n wit band tussen in. Die wit band om die kop is ook ‘n uitstaande kenmerk.

Hierdie klein kiewiet kan waargeneem word op sanderige en plat rotsagtige oewers langs waters. Hulle verkies onbegroeide oewers van mere, panne, damme en riviere. In die Vredefort Koepel kry ons hulle by al die waters waar die habitat vir hulle geskik is. Hulle is nie noodwendig plekgebonde nie, want hulle trek rond namate van die beksikbaarheid van water habitatte.

Die voëltjies is dag en nag aktief. Dit is maklik om hulle op the merk wanneer hulle vining hardloop en skielik stop om hulle prooi van die grond af op te pik, gewoonlik op die kant van die water. Gedurende broeityd word hulle in pare gesien, andersins een-een of in klein groepies bymekaar. Hulle leef van water-en-ander insekte en ook wurms wat hulle van die grond of modder af oppik. In sekere gebiede word hierdie kiewiet die “sea-cow-bird” genoem as gevolg van sy assosiasie met die seekoeie op die sandbanke langs die waters (die baie grote en die baie kleintjie). Omdat hulle so klein is word hulle maklik misgekyk as hulle stil staan. Wanneer hulle versteur word vlieg hulle weg met baie vinniger vlerkslae, gewoonlik nie te ver nie.

In Suid-Afrika broei die voëltjies van Julie tot September en dit varieer namate van die watervlakke in hulle omgewing en die beksikbaarheid van kos. Die nes is ‘n holte in die grond wat omlyn is met klein klippies, korreltjies grond en stukkies droë plantmateriaal, naby die water. Die wyfie lê gewoonlik twee eiers wat 26 – 30 dae neem om uit te broei. Hierdie taak word op ‘n aflos basis deur die mannetjie en die wyfie verrig, die wyfie deur die dag en die mannetjie deur die nag. Die kleintjies word deur albei ouers gevoer en kan na 30 -32 dae vlieg, maar bly vir nog ongeveer 10 dae van die ouers afhanklik voordat hulle heeltemal onhanklik kan oorleef.

Related Articles

Back to top button