NewsNews

Ruk Ngwathe reg– DA het ‘n plan

DA-raadslede het 'n oplossing vir wat hulle noem die toenemende "administratiewe verval" in Parys en die ander dorpe en townships in Ngwathe munisipaliteit.

DA-raadslede het ‘n oplossing vir wat hulle noem die toenemende
“administratiewe verval” in Parys en die ander dorpe en townships in
Ngwathe munisipaliteit.

Hulle sê Ngwathe is die slagoffer van ‘n knellende
bestuurskrisis, en dat dit dag na dag erger word. Koukusvoorsitter Carina
Serfontein en koukusleier Arnold Schoonwinkel het verlede week per brief ‘n
dringende diepte-gesprek met Burgemeester Joey Mochela hieroor aangevra.
Hulle skryf dat hulle talle probleme wil uitlig, en oplossings wil voorstel.
Hulle versoek dat Speaker Ndayi en die Munisipale Bestuurder ook
teenwoordig moet wees.
Hulle wil die grootste kwelpunte onder die soeklig plaas. Hierdie
probleme sluit volgens hulle in “… poor pothole repair, dark streetlights,
irregular rubbish collection, dirty streets, erratic drinking water supply,
unreliable irrigation water in Parys, wrong account statements, the
municipality’s telephones ringing unanswered, etc. ” Hierby kom nog die
enorme Eskom-skuldkrisis, sê Rdl Carina Serfontein aan Gazette. “Hierdie
R400 miljoen probleem word tans volkome verswyg. Dis een voorbeeld van hoe
Ngwathe sy probleme ontken en wegwens, probleme wat elke belastingbetaler
direk benadeel.”
Die twee DA-raadslede skryf die oplossing lê in die hande van die
Burgemeester. “You should stop overlooking shoddy work by slack municipal
officials. You must insist that everyone does his or her job well, or
suffer the consequences. This is not the case at present, and it
discourages those many officials who work well.”
Die twee DA-raadslede skryf dat eenvoudige en goedkoop oplossings vir
sekere van Ngwathe se probleme bestaan. Hulle wil sommige opnuut aan die
burgemeester voorstel. “Ons weet dit werk,” sê hulle aan Gazette. “Gaan
kyk maar in DA-beheerde munisipaliteite, soos Kaapstad en Midvaal. Slaggate
en straatligte daar word onmiddellik reggemaak, rekeningfoute flink
reggestel, en geriewe soos sportvelde word in stand gehou.”
Gazette verneem die Burgemeester het ingestem tot die vergadering, en dat
dit dringend sou plaasvind

Related Articles

Back to top button