NewsNews

Nog skole vir dorp beloof

Daar moet gekyk word na die praktiese toepassing van die parallel-medium taalbeleid van die dorp se laerskool, asook die proses wat gevolg is met die onlangse verandering van die skool se naam van HF Verwoerd Primêre skool na Parys Primêre skool.

Daar moet gekyk word na die praktiese toepassing van die parallel-medium taalbeleid van die dorp se laerskool, asook die proses wat gevolg is met die onlangse verandering van die skool se naam van HF Verwoerd Primêre skool na Parys Primêre skool.
Dit was die twee hoof knelpunte wat uitgelig is tydens ’n ANC Jeugliga optog wat Maandagoggend gehou is.
Dit was egter duidelik uit die boodskap van die groep dat hul griewe ook die hoërskool raak ten opsigte van leerling toelatings, die taalbeleid en personeel.
Nagenoeg 1 300 mense, hoofsaaklik kinders, het onder baie sterk polisie teenwoordigheid na die skool se teerblad beweeg, waar ’n memorandum met eise aan mnr. Vusi Chuta, die Onderwysdepartement se Distrik-direkteur vir die Fezile Dabi-streek, oorhandig is.
Die groep het 14 dae tyd gegee om gehoor te gee aan hul eise.

Daar was deurgaans sterk polisie teenwoordigheid en die groep is nie binne die skoolterrein toegelaat nie. Foto: Liezl Scheepers
Daar was deurgaans sterk polisie teenwoordigheid en die groep is nie binne die skoolterrein toegelaat nie. Foto: Liezl Scheepers

In sy reaksie het mnr. Chuta gesê dat die onderwysdepartement goeie samewerking van die skool kry. Hy het genoem dat die skool se parallel-medium taalbeleid in plek is, maar dat die departement wel soos nodig aanbevelings sal maak oor die implementering daarvan in lyn met die beleid.
Wat die skool se naamsverandering betref, is daar reeds twee maande gelede met die proses begin om die naam te verander. Die proses wat gevolg is, is soos voorgeskryf deur FED-SAS (Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole). ’n Tagtig persent terugvoer is gekry van die ouers wat per brief geleentheid gegee is om te stem ten gunste of teen ’n naamsverandering, asook om hul moontlike voorstelle vir ’n naam te gee. Die oorgrote meerderheid het die naam Parys Primêre skool voorgestel.
Chuta het egter gesê daar word met die skool gekonsulteer om seker te maak die proses van naamsverandering is “deursigtig” en of dit nie eerder by wyse van ’n formele ouervergadering hanteer moet word nie.
Volgens Chuta is die naam tans nog as HF Verwoerd Primêre skool by die departement geregistreer.
Chuta wou hom nie uitlaat oor getalle by die skool wat reeds uit sy nate bars nie, behalwe om te sê dat daar vandag weer vergader word oor ’n addisionele hoërskool en laerskool vir Parys, asook ’n hoërskool vir Schonkenville wat geregistreer sal wees teen einde volgende jaar.
Dit sal ook parallel-medium skole wees, het hy gesê.
Plaaslike polisielede, lede van Openbare Orde Bethlehem, Welkom en Sasolburg en Landelike Gemeenskap Veiligheid het deurgaans ’n wakende oog gehou oor die verrigtinge wat baie gou verby was na die oorhandiging van die memorandum.
Geen insidente is gerapporteer nie en die organiseerders, opgtoggangers en publiek het hul volle samewerking gegee om die optog vreedsaam te laat geskied.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button