NewsNewsSportSport

Stokkiesman-gesin Bergfietsren (Mountain Bike Dual)

‘n Splinternuwe item op die Parys Domefees-program is die Stokkiesman-gesin Bergfietsren wat deur Anatomic Sportswear op Vrydag 6 Novemeber by die Afridome aangebied word. Bergfiets-entoesiaste het die geleentheid om die hele gesin, pa, ma, kleinboet, kleinsus, ouboet, ousus, oupa en ouma te kom inskryf vir ‘n bergfietsren  op ‘n maklike, nie-tegniese plaaspadroete! Dis ‘n spesiale …

‘n Splinternuwe item op die Parys Domefees-program is die Stokkiesman-gesin Bergfietsren wat deur Anatomic Sportswear op Vrydag 6 Novemeber by die Afridome aangebied word.

Bergfiets-entoesiaste het die geleentheid om die hele gesin, pa, ma, kleinboet, kleinsus, ouboet, ousus, oupa en ouma te kom inskryf vir ‘n bergfietsren  op ‘n maklike, nie-tegniese plaaspadroete! Dis ‘n spesiale Domefees byeenkoms met medaljes vir elke deelnemer en daar is hope gelukkige trekpryse – elkeen staan ‘n kans om te wen! Daar sal ook kwaliteit pryse van Anatomic  vir wenners in elke kategorie wees!

Inskrywingskoste beloop slegs R175 per span van 2 om deel te neem en dit sluit in toegang in tot die Afri Dome vir Vrydag en Saterdag wat albei aande se rock vertonings insluit.

Daar word 2  wedrenne in verskillende kategorieë aangebied maar deelnemers is welkom om aan albei wedrenne deel te neem:

WEDREN A – begin om 16:00

Kategorie 1 – Pa, ma of voog saam met seun of dogter (7-12jr)

  Ouer/voog en kind ry eerste rondte tesame

  10km tesame en 10km pa/ma/voog alleen

  Dus : 10km vir kind en 20km vir ouer/voog

 

Kategorie 2 – Pa, ma of voog EN seun of dogter (13-18jr)

  10km elk in aflos, enige orde

 

Kategorie 3 – Pa, ma of voog EN seun of dogter (19jr+)

  10km elk in aflos, enige orde

 

Kategorie 4 – Oupa/Ouma SAAM MET kleinseun of kleindogter (enige ouderdom)

  1 rondte = 10km tesame

 

 

WEDREN B – begin om 17:30

 

Kategorie 5 – Man en vrou

  10km elk in aflos, enige orde

 

Kategorie 6 – 2 broers OF susters OF broer en suster (13jr en ouer)

10km elk in aflos, enige orde

 

Aanlyn registrasies  kan op www.weardirect.co.za gedoen word en sluit  op  Woensdag 4 November om middernag.  Laat registrasie en inskrywings begin 6 November om  14:00 by die Afri Dome by ‘n aangeduide hek.  Meer inligting op www.domefest.co.za

 

Related Articles

Back to top button