HealthLifestyleNewsNews

Parvo enteritis (katgriep) – veearts waarsku

Graag wil ‘n mens goeie nuus rapporteer maar ongelukkig moet daar weer gewaarsku word teen nog ‘n probleem wat ons honde ernstig affekteer. Katgriep is weer in die omloop en word gewoonlik erger in die somerweer, waarku 'n plaaslike veearts van Parys, dr. Brigitta Wessels.

Graag wil ‘n mens goeie nuus rapporteer maar ongelukkig moet daar weer gewaarsku word teen nog ‘n probleem wat ons honde ernstig affekteer. Katgriep is weer in die omloop en word gewoonlik erger in die somerweer, waarku ‘n plaaslike veearts van Parys, dr. Brigitta Wessels.

Katgriep is ‘n hoogs aansteeklike virus wat honde, veral onder 6 maande aantas. Parvovirus is uiters aggressief en tas die maagdermkanaal aan, veroorsaak braking en ‘n bloederige diarree wat lei tot ontwatering, hipotermie, toksemie en uiteindelik die dood.

Hele werpsels kan uitgewis word. Behandeling is duur en slegs ondersteunend aangesien niks die virus self kan doodmaak binne die liggaam nie. Baie honde oorleef met behandeling, maar ongelukkig nie almal nie.

Sekere honderasse (soos Rottweilers en Dobermans onder andere  is besonder vatbaar en honde wat geen entings gehad het nie is beslis dié wat die swakste kanse vir oorlewing het.

Parvo virus besmet ook die omgewing. ‘n Besmette erf bly vir baie jare besmet. Katgriep vat omtrent 7-10dae na blootstelling voor die diere siek word. As jy dus ‘n siek hondjie het kyk  waar hy 7-10 dae terug was. Dit gee ‘n mens ‘n goeie idee hoe/waar die hondjie katgriep gekry het.

Die antwoord lê hoofsaaklik in voorkoming van die siekte:

  • Wees versigtig waar jy hondjies koop; maak seker dat daar GEEN geskiedenis van katgriep is nie.
  • Verkopers wat handel of ‘smous’ in kleinhondjies dra ‘n hoë risiko weens die hoë omset van diere en die verhoogde risiko van blootstelling.
  • Indien u uit goedheid hondjies optel om hulle te help of te red is daar ‘n werklike risiko vir u honde by die huis. Baie kere word die nuweling eers na ‘n paar dae in sy nuwe huis siek. Teen daardie tyd is die huis se ou inwoners blootgestel aan die virus.
  • Enting speel die grootste rol in voorkoming.
  • Groot honde moet jaarliks ge-ent word.
  • Teeltewe moet jaarliks ge-ent word om immuniteit aan hulle babahondjies  deur hulle bies oor te dra aan die klein hondjies wat hulle vir die eerste 4-6 weke van hulle lewe beskerm. Die enting moet verkieslik buite die dragtigheid gegee word.
  • Klein hondjies moet ten minste een keer ge-ent wees voor aankoop, verkieslik deur ‘n veearts en verkieslik reeds op 6 weke ouderdom en verkieslik ten minste een week voor aankoop. Eerste entings later as 6 weke open jou venster vir vatbaarheid.
  • Enige entstof vat ‘n tyd om te werk dit beteken honde wat vandag ge-ent is, is nie more al immuun nie. Katgriep se inkubasieperiode is 7-10 dae. As hondjies vandag ge-ent word maar reeds blootgestel is of binne  ‘n dag of drie by die nuwe eienaar blootgestel word, gaan hulle waarskynlik siek word omdat die entstof nog nie “ingeskop” het nie.
  • Indien u al katgriep op u erf gehad het behoort klein hondjies wat u verkoop reeds op 4 weke ‘n addisionele enting te ontvang.
  • Indien u ‘n babahondjie na ‘n besmette erf bring moet die hondjie ten minste twee maar verkieslik drie entings reeds ontvangs het en eers een week na die laaste enting op die bemette erf  kom
  • “Die hondjie het al sy entings gehad” beteken gewoonlik dat die diertjie een enting ontvang het voor verkoop. Kopers besef nie altyd dat skraagdossisse noodsaaklik is; raadpleeg asseblief u veearts om die regte inligting te kry wanneer u die hondjie koop, nie eers wanneer hy/sy reeds siek is nie.
  • Die omgewing en mense moet ontsmet word indien daar blootstelling was; raadpleeg u veearts aangesien nie alle skoonmaakmiddels effektief is teen Parvo virus nie.

Hierdie siekte is ‘n baie wrede een en ons is in Parys is beslis nog nie naby daaraan om dit onder beheer te kry nie; elkeen van ons wat  honde laat ent kan sodoende ‘n waardevolle bydrae lewer om die siekte te beveg.

Related Articles

Back to top button