CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Hondsdolheid inenting in Parys gedoen

Ná 'n onlangse bevestigde geval van hondsdolheid in Parys, loods Departement Landbou se Direktoraat Staatsveeartsenykunde 'n hondsdolheid inentingveldtog in die groter Parys.

Ná ‘n onlangse bevestigde geval van hondsdolheid in Parys, loods Departement Landbou se Direktoraat Staatsveeartsenykunde ‘n hondsdolheid inentingveldtog in die groter Parys.

Mense kan hul honde en katte gratis op die volgende datums laat inent:

9 en 10 November 08:00 tot 17:00 – Parys en Schonkenville –  NG Suid-, Oos- en Wes-kerke asook die Mimosa Tuine en Schonkenville Gemeenskapsaal.

11 en 12 November – Tumahole – Barnard Molokoane, Lister Skosana en Ntshwephepha skole asook die Mosepedi-saal.

Honde en katte behoort jaarliks teen hondsdolheid ge-ent te word. Ondersteun daarom asseblief hierdie veldtog.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button