CommunityEntertainmentNewsNewsPhoto Galleries

Parys-egpaar is land se koeksister-konings

'n Egpaar van Parys, Willa en Johanna Rademeyer spog met die heel beste koeksisters in die land. Dit nadat hulle verlede naweek as die land se koeksister-konings gekroon is in Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie wat bakkers van heinde en verre gelok het, insluitend drie voormalige Huletts-koeksisterwenners en ’n bakker van Koekedoor-faam.

‘n Egpaar van Parys, Willa en Johanna Rademeyer spog met die heel beste koeksisters in die land. Dit nadat hulle verlede naweek as die land se koeksister-konings gekroon is in Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie wat bakkers van heinde en verre gelok het, insluitend drie voormalige Huletts-koeksisterwenners en ’n bakker van Koekedoor-faam.

Die Rademeyers woon in ʼn aftreeoord in Parys en bak elke week sowat 50 kg koeksisters. Hulle is ʼn gedugte span wat al jare lank saamwerk om ʼn ekstra geldjie te verdien. Willa maak die stroop en Johanna die deeg waarna sy ook toesien  dat die koeksisters se kleur eksie-perfeksie is. Al twee is ewe lief vir vleg, maar daar is ’n effense verskil in hulle metodes wat net ’n ware koeksisterkenner sal raaksien.

”Ek vleg regs om”, sê Oom Willa, ”en die tannie links om”. Tannie Johanna sal stry dat sy regs om vleg  en hy links om vleg. Maar hoe jy ook al na die koeksisters kyk, hulle is op hulle beste as jy een (of drie!) eet. Elke oggend om 02:45 sal jy hulle in die kombuis kry besig om koeksisters te bak.

Stoofstories het in Mei vanjaar begin om die land se beste koeksister op te spoor. Die finaliste, wat van reg oor die land gekom het, se koeksisters is by die Hazelwood-kosmark in Pretoria deur ’n paneel van beoordelaars van die Vroue Landbou-unie (VLU) beoordeel.

Die wenners ontvang ’n kontantprys en hulle resep gaan gebruik word as deel van ʼn werkskeppingsprojek in Pretoria-Wes, waar die koeksisters by die groot maat gebak en versprei gaan word.

In die tweede plek was Christa Dormehl van Amanzimtoti en derde plek het aan Julianna Griessel van Heidelberg gegaan. Die markgunsteling was Gerda Swanepoel van Ermelo, wat bekendheid verower het as finalis in KykNet se Koekedoor vroeër vanjaar.

Related Articles

Back to top button