CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Parys Brahman verteenwoordig Suid afrika

Anton Loggenberg van Klein- Cor Cattle in die Parys-distrik het rede om trots te wees nadat een van sy Brahman verse, Klein-Cor Miss Corona 70 12 gekies is om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig wanneer daar teen 26 ander lande meegeding word om die titel as Miss World.

Dié vers  is reeds by die Pretoriase skou aangewys as Junior Kampioen  in Augustus 2015. Tydens die Beef Expo Week wat gedurende September in Parys by die Afri Dome gehou is, is sy aangewys as Junior- en Ras Kampioen Vroulike Dier.

En nou is dit die Miss World Brahman kroning wat voorlê..Elkeen van die 27 lande wat deelneem nomineer n vroulike dier  vir die kompetisie.Vyf beoordelaars vanoor die wêreld is gekies om die beoordeling te doen.Die kompetiesie vind plaas tussen 1 en 7 Desember 2015 waarna die kroning sal plaasvind.

Related Articles

Back to top button