CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Sien Koepel-natuurprag met veldren

Tydens die komende Parys Dome fees sal veldatlete op Sondag 8 November 2015 die geleentheid hê om hulle uithouvermoë op Deelfontein, in die besonderse landskap van die Vredefortkoepel Wêreld-erfenisgebied te kom toets. Die plaas Deelfontein is gunstig geleë in ‘n afgesonderde vallei tussen twee hoë rotsriwwe wat ‘n ontspannende omgewing, vêr van die stadsgewoel waarborg.

Vier permanent gemerkte roetes van verskillende afstande deur die byna ongerepte natuur sal nie alleen ‘n aangename buitelug ervaring wees nie maar sal aan alle veldatlete se vereistes en voorkeure voldoen. Al vier hierdie roetes is enkelbaan-roetes wat deur die asemrowende natuurlike omgewing  van die Wêreld-erfenisgebied kronkel. Die Vredefortkoepel Erfenisgebied  is die oudste en grootste meteorite-impakterrein ter wêreld en is vandag veral bekend vir besonderse geologiese eienskappe en natuurskoon.

Die 35km roete is uitgelê om die ernstige, professionele atlete met ruwe terrein, steil hellings en vele hoë rante te konfronteer. Die 20km en 12 km roetes loop oor dieselfde tipe terrein maar bied verskillende afstande om persoonlike voorkeure te akkommodeer. Die 5 km roete neem u deur ongelooflike mooi bosveldgebied sonder noemenswaardige hoogtes. Hierdie roete is ook geskik vir kleiner kinders.  Bystand mediesesorg is beskikbaar en al die roetes eindig  by ‘n krital-helder swempoel wat op ‘n November somerdag beslis aangename lafenis sal bied.

Inskrywingsfooie is as volg:

35km –R250

20km- R200

12km – R150

5km – R100

Besprekings moet gedoen word by www.trailrunning.co.za .  Inskrywings sluit op Vrydag 6 November om 17:00.  ‘n Laat-inskrywingsfooi van R40.00 sal gehef word.

Meer besonderhede oor tye en ander inligting oor die veldren is beskikbaar op www.deelfontein.co.za of www.domefest.co.za

Related Articles

Back to top button