CommunityNewsNews

Maanverskynsel het talle vroeg uit die vere

Dié foto van die gesamentlike supermaan en maansverduistering wat Maandag in die vroeë oggendure gesien kon word, is deur 'n Parysenaar, Saal de Jager geneem.

Dié foto van die gesamentlike supermaan en maansverduistering wat Maandag in die vroeë oggendure gesien kon word, is deur ‘n Parysenaar, Saal de Jager geneem.

Suid-Afrikaners kon om 04:11 Maandagoggend die gedeeltelike verduistering van die supermaan sien. De Jager het die foto met ‘n Canon gekoppel aan ‘n 8 duim teleskoop met die hulp van ‘n opsporingsprogram geneem.

Dié maanverskynsel het 33 jaar gelede gebeur en die volgende soortgelyke verskynsel sal eers in 2033 voorkom Supermaan kom voor as die maan se elliptiese baan op sy naaste aan die aarde is. Omdat die maan se wentelbaan nie ‘n perfekte sirkel is nie, is dit soms dan nader aan die aarde as ander tye in sy wentelbaan. Só ‘n supermaan vertoon groter en helderder, hoewel daar geen fisiese verskil in die maan is nie.

Die maan het Maandagaand ‘n koperkleur gehad as gevolg van die gepaardgaande maansverduistering. Maansverduistering gebeur as die aarde tussen die son en die maan inbeweeg. Wanneer ons ‘n gesamentlike supermaan en maansverduistering kry word dit toegeskryf aan planetêre dinamika.

Related Articles

Back to top button