NewsNews

Man voor vir moord op voorman en twee minderjariges

Die 28-jarige Tsietsi Joseph Mangola sal weer op Maandag 28 September voor die landdroshof in Vredefort verskyn vir 'n formele borgaansoek ná die moord op Hansie Raath en twee minderjarige kinders verlede Saterdag op die plaas Palmietkuil in die Vredefort-distrik.

Die 28-jarige Tsietsi Joseph Mangola sal weer op Maandag 28 September voor die landdroshof in Vredefort verskyn vir ‘n formele borgaansoek ná die moord op Hansie Raath en twee minderjarige kinders verlede Saterdag op die plaas Palmietkuil in die Vredefort-distrik.

Die oorledene was saam met die verdagte en vier kinders in die kombuis doenig toe die man oënskynlik na die slaapkamer is en teruggekeer het met ‘n vuurwapen. Raath is sonder enige waarskuwing geskiet en is op die toneel oorlede.

Die kinders, 11 en 15 jaar oud onderskeidelik, het probeer weghardloop maar is ook noodlottig gewond. Die ander twee kinders kon wel daarin slaag om weg te kom en die polisie te skakel.

Raath se gesteelde Ford Ranger bakkie is die Sondagoggend verlate naby Kroonstad gekry waar dit aan die brand gesteek is. Polisieduikers het gister nog na die moordwapen in die Valsrivier langs die snelweg naby Kroonstad gesoek. Die ander vuurwapens wat vermis was, is sedertdien gekry.

Mangola en ‘n medepligtige is vroeg Sondagoggend inhegtenis geneem ná lede van die Vredefort GPF, LGV en polisielede onverpoosd Saterdagnag gewerk het om leidrade op te volg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button