NewsNews

Miss Heritage SA finalis kuier in Parys

Die 19-jarige Angelique Fourie, een van die finaliste vir vanjaar se kroning van Miss Heritage SA, het gister (17 September) 'n draai in Parys gemaak. Sy verteenwoordig die Vrystaat en is ambassadeur vir die Vredefort Koepel.

Die 19-jarige Angelique Fourie, een van die finaliste vir vanjaar se kroning van Miss Heritage SA, het gister (17 September) ‘n draai in Parys gemaak. Sy verteenwoordig die Vrystaat en is ambassadeur vir die Vredefort Koepel.

Angelique wat een van die gaste was by die Dr Kenneth Kaunda Distrik Munisipaliteit se Sho’t Left Explore our Hidden Treasures funksie by Stonehenge, vertel dat sy soos menige ander toeris ook nie voorheen geweet het watter prag natuurskoon en toerisme-potensiaal die Vredefort Koepel inhou nie.

Haar groot droom as sy wen is om toerisme in hierdie gebied te bevorder deur bewusmaking.

Angelique is die enigste finalis uit die Vrystaat. Die kroning vind plaas op Erfenisdag 24 September by The Venue, Melrose Arch.

Related Articles

Back to top button