CommunityEntertainmentNewsNewsPhoto Galleries

Bekende Domefees reg vir aksie

Parys hou vanjaar sy nou reeds bekende Domefees van 6-8 November. 'n Groot trekpleister tydens die fees is die Baba en Kleuter kompetisie asook die Mnr. en Mej. Dome kompetisie wat op Vrydag 6 November aangebied word.

Parys hou vanjaar sy nou reeds bekende Domefees van 6-8 November.  ‘n Groot trekpleister tydens die fees is  die Baba en Kleuter kompetisie asook die Mnr. en Mej. Dome kompetisie wat op Vrydag 6 November aangebied word.

 

Die prysgeld in 2014 het meer as R14 000 beloop, en hierdie jaar is die pryse nog meer aanloklik.  Dankie vir die volgehou en getroue ondersteuning van mense soos: Checkers, Pick ‘n Pay, Spur, Verons, River-Spa en almal wat deur die jare getroue borge is.  Die mense van Parys sien julle raak en waardeer julle, dankie.

 

Die 2015 geleentheid word, soos in 2014, deur “Fairies & Angels Kids Boutique” aangebied.  In 2014 het daar heelwat deelnemers uit omliggende dorpe soos Klerksdorp en Vanderbijlpark ingeskryf.  Hierdie is uitstekende blootstelling vir Parys.

 

Inskrywinsgelde beloop R50 per deelnemer, en die inskrywingsvorms is by Fairies & Angels beskikbaar (hoek van Water & Oranje St. – oorkant Alex Biltong).  Soos elke jaar neem Studio J al ons deelnemers af en die fotos word deur Vengaland op die Dome webtuiste: domefees.co.za geplaas.  Moet. nie tot die laaste week wag om in te skryf nie, omdat die fotos dan nie betyds op die webtuiste geplaas kan word nie.

In die ouderdomsgroep babas 6 maande tot en met 24 maande plus, sal daar twee of meer katagorië wees.  Vanaf 3 tot 14 jaar skryf ons deelnemers in vir die Mnr. en Mej. Dome Junior, asook die Mnr. en Mej. Dome Senior.  Die aantal katagorië word bepaal deur die aantal deelnemers.  Gewoonlik is die manne maar baie sku om in te skryf, maar as hulle eers by die diep kant ingeduik het, dan is hulle vol selfvertroue – en die dames moet uithaal om kers vas te hou. Die pryse soos River Rafting en Game Drives is juis daar vir die manne, en die Haarsnye en Klere en Juwele-geskenkbewyse vind elke jaar groot aanklank by die dames.

Wees deel van die pret.  Kom doen Mnr. & Mej. Dome vir die lekker, en wees deel van die avontuur wat die Domefees uniek en spesiaal maak.

Related Articles

Back to top button