CommunityNewsNews

Man se slaggat-inisiatief raakgesien

Die 58-jarige Chris Locken van Parys se inisiatief om slaggate in strate in die woonbuurte reg te maak waar dit nou al bykans onbegaanbaar geword het, is sommer gou deur inwoners raakgesien. Toe hy vanoggend in Schilbachstraat naby die skole begin het om die gate reg te maak, het talle mense al materiaal of geldelike donasies aangebied …

Die 58-jarige Chris Locken van Parys se inisiatief om slaggate in strate in die woonbuurte reg te maak waar dit nou al bykans onbegaanbaar geword het, is sommer gou deur inwoners raakgesien.

Toe hy vanoggend in Schilbachstraat naby die skole begin het om die gate reg te maak, het talle mense al materiaal of geldelike donasies aangebied sodat hy nog meer slaggate op kritieke punte kan herstel.

Locken het aanvanklik slaggate in Presidentstraat naby die Gleniffer huis waar hy bly herstel, en toe op versoek van Corrie Bouwer van Gleniffer die slaggate in Schilbachstraat ook begin herstel.

Hy doen al die werk self en het geen hulp nie. Sulke inisiatief verdien ‘n pluimpie.

Related Articles

Back to top button